Die “Huidige voorraadvlakke” verslag lys alle voorraaditems se voorraadvlakke. 

Om voorraad herbestelverslag huidige voorraadvlakke te druk: 

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Herbestelverslag

2.Kies "Huidige voorraadvlakke". 

3.Kies die volgende: 

a)Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s). 

b)Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".

c)Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die hoeveelhede vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie. 

d)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed

'n Voorbeeld van die "Huidige voorraadvlakke - Herbestelverslag" ("Wys Detail" nie gekies nie), is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Huidige voorraadvlakke - Herbestelverslag" ("Wys Detail" gekies), is soos volg: