Die volgende twee (2) tipes strepieskodes is beskikbaar: 

1.Strepieskode - Druk die voorraadkode, voorraadbeskrywing en die strepieskode. Die verkoopsprys sal ook eksklusief van BTW gedruk word. 

2.Yagoda Strepieskode - Druk die voorraadkode, voorraadbeskrywing en die strepieskode. Die verkoopsprys sal nie gedruk word nie.

Om voorraad herbestelverslag Huidige voorraadvlakke te druk: 

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Druk etikette

2.Kies "Strepieskode" (verstek) of "Yagoda strepieskode"

3.Kies die volgende: 

a)Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s). 

b)Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".

c)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gedruk word.

4.Kliek Goed

'n Voorbeeld van die "Strepieskode", is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Yagoda strepieskode", is soos volg: