Verslae - Kieslys
Alle verslae wat nodig is om elke aspek van u onderneming te bestuur en te beheer en te bestuur is op die Verslae-duimgids beskikbaar.
Alle verslae kan gedruk, in verskeie formate gestoor word en selfs na ontledingstate (“spreadsheets”) uitgevoer word.
Bykomend tot dié verslae, kan u die Verslagontwerper gebruik om u eie verslae te ontwerp.
Op die Verslae-duimgids, Verslae, is 'n lys van negentien (19) verslae. 'n Kort beskrywing van dié verslae, is soos volg:
1.Grootboekontleder – Druk die volgende ses (6) verslae:
a)Proefbalans
b)Inkomstestaat
c)Balansstaat
d)Standaard Kolombalanse (kolom ontleding van die Proefbalans, Inkomstestaat en Balansstaat in een verslag)
e)Begroting vs werklike
f)Huidige jaar vs vorige jaar
▪Bykomend tot die bogenoemde ses (6) verslagtipes, is daar nog ses (6) verslagtipes wat na ontledingstate (“spreadsheets”) uitgevoer kan word. Die verslae is; Kolombalanse, Kolombalanse – Debiteur, Kolombalanse – Krediteur), Kolombalanse Debiet/Krediet, Kolombalanse – Debiteur Debiet/Krediet, Kolombalanse Kolombalanse – Krediteur Debiet/Krediet).
▪Transaksies en begrotings kan ook in T-Rekeninge ontleed en gedruk word.
2.Punt van verkope - Opkas- en Verkoopsontleding verslae vir die standaard punt-van-verkope stelsel.
3.Grootboek - Bykomend tot die verslae in die Grootboekontleder 1 / 2, is die volgende verslae beskikbaar om rekeninge in die grootboek te bestuur:
a)Begroting vs werklike (3 periodes) – Druk die Begroting vs werklike (3 periodes) verslag.
b)Grafiek - Wins/ Verlies per week – Vertoon die netto wins en / of verlies per week in 'n staafgrafiek.
c)Lys – Lys alle grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge).
d)Transaksies - Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Standaard en Transaksies – Ekstra.
4.Debiteure - Die volgende verslae is beskikbaar om rekeninge in die debiteure grootboek te bestuur:
a)Grafiek - Debiteure per week – Vertoon die totale van fakture en debiettransaksies, kredietnotas en krediettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
b)Ouderdomsontleding - Verskeie ouderdomsontleding verslae kan gedruk word.
c)Lys - Lyste van kontakte, debiteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op) sal alle debiteure se beskikbare balanse lys soos op die datum waarop die lys gedruk word.
d)Druk etikette – Druk etikette vir pos- afleweringsadresse.
e)Transaksies - Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Oopitem, Transaksies - Standaard en Transaksies - Ekstra.
f)Uitstaande – Debiteur rekeningstate, datum verskuldig en debiteure uitstaande op datum.
5.Krediteure - Die volgende verslae is beskikbaar om rekeninge in die krediteure grootboek te bestuur:
a)Grafiek - Krediteure per week – Vertoon die totale van aankope en krediettransaksies, verskafferretoere en debiettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die verskil.
b)Ouderdomsontleding - Verskeie ouderdomsontleding verslae kan gedruk word.
c)Lys - Lyste van kontakte, krediteure, afleweringsadresse, posadresse, details, BTW- en onderneming registrasienommers. 'n Kredietkontrolelys (kredietlimiete vs huidige balanse soos op) sal alle krediteure se beskikbare balanse lys soos op die datum waarop die lys gedruk word.
d)Druk etikette – Druk etikette vir pos- afleweringsadresse.
e)Transaksies - Druk verslae vir Transaksies, Transaksies - Oopitem, Transaksies - Standaard en Transaksies - Ekstra.
f)Uitstaande – Krediteur betalingsadviese, datum verskuldig en krediteure uitstaande op datum.
6.Verkope - Verskeie verslae is beskikbaar om elk van die verkoopsdokumente (d.i. fakture, kredietnotas en kwotasies) te druk. Die verslae vir Fakture, is Grafiek – Verkope per week – Hoeveelhede en Verkope per week – Omset, Debiteure – Debiteur – Verkope per periode – Hoeveelhede, Verkope – Verkope per periode – Hoeveelhede en Verkope per periode – Omset en Items - Items per periode.
7.Inprop – Prysooreenkoms vir die Prysooreenkoms inprop-program.
8.Voorraad - Die volgende verslae is beskikbaar om voorraaditems te bestuur:
a)Herbestel - Die “Herbestelverslag” lys slegs die voorraaditems wat weer bestel moet word. Die “Huidige voorraadvlakke” verslag lys alle voorraaditems se voorraadvlakke.
b)Druk etikette – Druk die “Strepieskode” of die “Yagoda Strepieskode” etikette.
c)Lys - Druk 'n lys van “Alle Verkoopspryse” (Verkoopsprys 1 / 2 / 3) en 'n lys van voorraaditems se hoeveelhede en kospryse. U kan ook kies om ekstra besonderhede vir dié verslae te druk. Indien u BTW Rekeningklasse vir u voorraaditems (Opstel → Voorraadinligting – Rekeningklasse-duimgids) geskep het, kan u 'n lys van dié rekeningklasse druk.
d)Uitstaande bestellings - Druk 'n lys van voorraaditems met uitstaande bestellings.
e)Voorraad In / Uit – Die volgende twee (2) verslae is beskikbaar:
▪Voorraad In / Uit - Dokumente – Vertoon 'n opsomming van alle verkoops- en aankoopdokumente vir elke voorraaditem. Die “Wys detail” opsie sal die dokumente vir elke voorraaditem lys.
▪Voorraad In / Uit - Vertoon 'n lys van voorraaditems en die hoeveelhede in / of uit sowel as die kospryse. Die “Wys detail” opsie sal die dokumente vir elke voorraaditem lys.
9.Punt van verkope – Verkope en Ontvangste verslae vir die “HorecaPOS” en “RetailPOS” inprop-programme.
10.Kontakte – Druk 'n lys van alle kontakte.
a)Om slegs die kontakte vir debiteure (kliënte / klante) te druk, moet u kontakte in die Debiteure → Lys - Kontakte opsie druk.
b)Om slegs die kontakte vir krediteure (verskaffers) te druk, moet u kontakte in die Krediteure → Lys - Kontakte opsie druk.
11.Kalender - U kan 'n verslag vir alle of enige kategorieë afsprake (d.i. Afspraak, Debiteurafspraak, Krediteurafspraak en / of Ure) wat in die kalender geskeduleer is of was (behalwe die “Wederkerende fakture” en die “Skep fakture” opsies), vir geselekteerde periodes of datum(s) druk.
12.Joernale - Die Joernaaltransaksies per periode verslag lys alle transaksies wat in spesifieke joernale en dokumente vir geselekteerde periodes of datum(s) geposteer is.
13.Aankope - Verskeie verslae is beskikbaar om elk van die aankoopdokumente (d.i. aankope, bestellings en verskafferretoere) te druk. Die verslae vir Aankope, is Grafiek – Aankope per week – Hoeveelhede en Aankope per week – Kosprys, Krediteure – Krediteur – Aankope per periode – Hoeveelhede, Aankope – Aankope per periode – Hoeveelhede en Aankope per periode – Kosprys en Items - Items per periode.
14.Onderneming inligting –
a)Bankrekeninge – Lys die bankbesonderhede (vir tot twee (2) bankrekeninge) soos wat in die Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is. Die bankbesonderhede van Bankrekening 1 sal op alle debiteur rekeningstate (Verslae → Debiteure – Uitstaande (Verslag-duimgids)) gedruk word.
b)Inligting – Lys die volgende inligting:
▪Dokument opskrifte en boodskappe (tot drie (3) reëls) soos wat in die Opstel dokumente (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is vir elk van die verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) asook aankoopdokumente (aankope, verskafferretoere en bestellings). Hierdie inligting sal op alle dokumente druk.
▪Globale rekeningstaat boodskap (tot drie (3) reëls) soos wat in die Rekeningstate opstel-duimgids van die Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is. Dié boodskap sal as 'n standaardboodskap op alle rekeningstate vir alle debiteurrekeninge gedruk word. (Verslae → Debiteure – Uitstaande (Verslag-duimgids)). Hierdie boodskap is addisioneel tot die vier (4) reëls wat vir die individuele debiteure (kliënte / klante) op die Afleweringsadres-duimgids ingesleutel of geredigeer is.
▪Verkoopsprys beskrywings – Die beskrywings wat vir Verkoopsprys 1, Verkoopsprys 2 en Verkoopsprys 3 soos wat in die “Verkoopsprys beskrywings” velde (Voorraadinligting (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is.
c)Koste van Verkope –
▪Skep koste van verkope -
•Ja – Koste van verkope is geaktiveer.
•Nee - Koste van verkope is nie geaktiveer nie.
▪Gemiddelde koste -
•Ja – Gemiddelde Koste van verkope is geaktiveer.
•Nee – Nuutste Koste van verkope is geaktiveer.
15.Wisselkoerse – Lys die wisselkoerse soos wat in die (Wisselkoerse (Opstel-duimgids) ingesleutel of geredigeer is. Hierdie wisselkoerse kan gekies word wanneer verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) asook aankoopdokumente (aankope, verskafferretoere en bestellings) geprosesseer word.
16.Dokumente - Druk lyste vir geselekteerde dokumenttipes (d.i. fakture, kwotasies, kredietnotas, aankope, bestellings of verskafferretoere).
17.Verkoopsontleding -
a)Verkoopsdokumente vir elke dokumenttipe (d.i. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) - U kan verslae vir die vyf (5) verslaggroepe (d.i. Debiteurgroep 1, Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) druk.
b)Fakture en Kredietnotas - U kan verslae vir die vyf (5) verslaggroepe (d.i. Debiteurgroep 1, Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) druk.
c)Verkope per produk - Voorraadgroep 1 en Voorraadgroep 2 - U kan verslae vir die fakture en kredietnotas van handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem) druk.
18.BTW - Indien u vir BTW geregistreer is, behoort die verslag vroegtydig gedruk en nagegaan te word sodat u die spertyd van u BTW opgawe sal haal.
19.Aankoopontleding -
a)Aankoopontleding vir elke dokumenttipe (d.i. Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) – U kan verslae vir die vyf (5) verslaggroepe (d.i. Krediteurgroep 1, Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) druk.
b)Aankope en Verskafferretoere - U kan verslae vir die vyf (5) verslaggroepe (d.i. Krediteurgroep 1, Krediteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) druk.
c)Aankope per produk - Voorraadgroep 1 en Voorraadgroep 2 - U kan verslae die aankope en verskafferretoere van handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem) druk.