Bykomend tot die transaksie verslae wat vir die Algemene grootboek, Debiteurrekeninge en Krediteurrekeninge gedruk kan word, vir die T-Rekeninge ook 'n kragtige opsie om transaksies, bykans oral in die program te druk.
Die T-Rekeninge lys die transaksies vir geselekteerde rekeninge. Die joernale, rekeninge, ens., kan gefiltreer of gekies word om slegs spesifieke transaksies vir gespesifiseerde datums te vertoon.
Die transaksies kan in die T-rekeninge verslag gedruk word of na 'n ontledingstaat ("spreadsheet") uitgevoer word.
Die mees algemene opsie waar die T-Rekeninge geïnisieer word, is vanaf al die verslagtipes op die Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2 waar al die finansiële verslae (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse, Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar) wat gedruk en na ontledingstate (“spreadsheets”) uitgevoer kan word, gegenereer en gedruk word.
Bykomend tot die ses (6) finansiële verslagtipes, is daar nog ses (6) kolombalanse verslagtipes (d.i. Kolombalanse, Kolombalanse – Debiteur, Kolombalanse – Krediteur, Kolombalanse Debiet/Krediet, Kolombalanse – Debiteur Debiet/Krediet, Kolombalanse – Krediteur Debiet/Krediet) wat na ontledingstate (“spreadsheets”) uitgevoer kan word.
Die T-Rekeninge skerm kan op enige van die twaalf (12) verslagtipes geïnisieer word. U hoef sleg 'n rekening of 'n groep te kies en te regs-kliek en Wys detail te kliek.
Bykomend tot dié opsies om die T-Rekeninge skerm te inisieer vir die geselekteerde rekeninge, kan u ook die T-rekeninge op die Verslae-duimgids inisieer.
Die T-Rekeninge skerm kan ook, onder andere, van die volgende opsies, geïnisieer word:
1.Aksie → Soek - Ondersoeker - Rekening of joernaal vir .
2.Aksie → Debiteure / Krediteure - Transaksies-duimgids.
Om die T-rekeninge te inisieer:
1.Op die Verslae-duimgids, kies T-Rekeninge.
2.Kies die volgende opsies:
a)Rekening - Kies 'n rekening
b)Vanaf datum ... Tot datum - Kies die datums of sleutel die datums in, indien nodig.
3.Deur slegs op een van die volgende opsies te dubbel-kliek, sal spesifieke transaksies te filter:
a)Joernaalnommer - (byvoorbeeld, 10149 outomaties gegenereer). Slegs die transaksies vir die spesifieke joernaal of dokument sal vertoon word.
b)Rekeningkode (byvoorbeeld, G010000 Verkope, ens). Slegs die transaksies vir die spesifieke rekening sal vertoon word.
c)Datum – Kies 'n datum en dubbelkliek. Slegs die transaksies op dié geselekteerde datum, sal vertoon word.
4.Sodra u klaar is, kan u die Kanselleer knoppie kliek om dié skerm toe te maak.
Wanneer u die T-rekeninge op die Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2 inisieer, sal 'n kortpad deur nommers, byvoorbeeld 1, 2, 3, 4, 5 knoppies, ens., onder op die Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2 skerm vertoon word. U kan op die nommer-knoppies kliek om die vorige keuses op die T-Rekenige te sien. Dié kortpad numeriese knoppies, sal daar bly totdat: •Stel Boeke toegemaak is en weer oopgemaak word. •Maak aktiewe vorms toe (Nutsitems op die Opstel-duimgids) . |
Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free EPub producer