Grootboekontleder- Kolombalanse - Krediteure - Debiet / Krediet
|
|
U kan op 'n rekening of 'n spesifieke periode dubbel-kliek om die transaksies in die T-Rekeninge skerm te vertoon. U kan die transaksies druk, indien nodig. |
Dit sal die debiet / krediet balanse (transaksie totale) vir krediteure (verskaffers) se rekeninge vir elke periode lys.
|
|
U kan kies om slegs die krediteure (verskaffers) se rekeninge met balanse te lys, of om die rekeninge met nulbalanse ook te lys. |
Buiten dat u die transaksies in die T-Rekeninge kan druk, kan hierdie verslagtipe slegs na 'n ontledingstaat ("spreadsheet") (byvoorbeeld, OpenOfficeCalc, Microsoft Excel, ens.) uitgevoer kan word.
Die periodes, is soos volg:
1.Openingsbalans vorige jaar - Periode -1
2.Periodes - Dit is die vorige jaar (hierdie jaar) periodes - gewoonlik 1 tot 12.
3.Periode Totaal - Die totaal van die periodes se totale vir verlede jaar.
4.Einde verlede jaar - Die totaal vir verlede jaar openingsbalanse en die totale vir elke periode (Periodes 1 -12).
5.Openingsbalans hierdie jaar - Periode 0 - Dit behoort dieselfde te wees as die totale vir verlede jaar
6.Periodes - Dit is die huidige jaar (hierdie jaar) periodes - gewoonlik 14 tot 25.
7.Periode Totaal - Die totaal van die periode totale vir hierdie jaar.
8.Einde vorige jaar - Openingsbalans hierdie jaar totaal en die Periode totaal (Hierdie jaar).

