Die volgende verslae is op die Verslae-duimgids Verslae → Voorraad beskikbaar om voorraaditems te bestuur:

1.Herbestel – Die “Herbestelverslag” lys slegs die voorraaditems wat weer bestel moet word. Die “Huidige voorraadvlakke” verslag lys alle voorraaditems se voorraadvlakke. 

2.Druk etikette – Druk die “Strepieskode” of die “Yagoda Strepieskode” etikette. 

3.Voorraaditemlys – Druk 'n lys van “Alle Verkoopspryse” (Verkoopsprys 1 / 2 / 3) en 'n lys van voorraaditems se hoeveelhede en kospryse. U kan ook kies om ekstra besonderhede vir dié verslae te druk. 

4.Uitstaande bestellings – Druk 'n lys van voorraaditems met uitstaande bestellings. 

5.Voorraad In / Uit – Twee (2) verslae is beskikbaar: 

a)Voorraad In / Uit - Dokumente – Vertoon 'n opsomming van alle verkoops- en aankoopdokumente vir elke voorraaditem. Die “Wys detail” opsie sal die dokumente vir elke voorraaditem lys. 

b)Voorraad In / Uit – Vertoon 'n lys van voorraaditems en die hoeveelhede in / of uit sowel as die kospryse. Die “Wys detail” opsie sal die dokumente vir elke voorraaditem lys.