Voorraad In / Uit – Vertoon 'n lys van voorraaditems en die hoeveelhede in / of uit sowel as die kospryse. Die “Wys detail” opsie sal die dokumente vir elke voorraaditem lys. 


Om Voorraad In / Uit verslag te druk: 

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Voorraad In / Uit

2.Kies "Voorraad In / Uit" (verstek opsie). 

3.Kies die volgende: 

a)Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s). 

b)Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".

c)Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die opsomming van die dokumente vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie. 

d)Nuwe bladsy per item - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke voorraaditem op 'n nuwe bladsy gedruk word. 

e)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed

'n Voorbeeld van die "Voorraad In / Uit - Dokumente" (Wys detail nie gekies nie) verslag, is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Voorraad In / Uit - Dokumente" (Wys detail gekies) verslag, is soos volg:

Bladsy 1 - Boorpers

Bladsy 2 - Kompressor