Dokumente (Verslae kieslys)
Die volgende verslae is op die Verslae-duimgids Verslae → Dokumente beskikbaar om lyste van dokumente te druk:
1.Dokumentelys – Druk lyste vir geselekteerde dokumenttipes (d.i. fakture, kwotasies, kredietnotas, aankope, bestellings of verskafferretoere).
2.Dokumentelys per rekening
a)Verkoopsdokumente – Druk lyste vir geposteerde of ongeposteerde fakture, kredietnotas of kwotasies wat bevestig is of nie. Dié verslag sal die geselekteerde dokumenttipe per debiteurrekening lys.
b)Aankoopdokumente – Druk lyste vir geposteerde of ongeposteerde aankope, verskafferretoere of bestellings wat bevestig is of nie. Dié verslag sal die geselekteerde dokumenttipe per krediteurrekening lys.
3.Ongedrukte dokumentelys – Die verslag is soortgelyk aan die “Dokumentelys per rekening” verslag. Dit sal slegs die dokumente wat nog nie gelys is nie per debiteurrekening of krediteurrekening druk.