U kan 'n lys van alle ongeposteerde sowel as geposteerde dokumente per dokumenttipe (d.i. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies sowel as Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) druk. 

Om 'n lys van u dokumente te druk: 

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Dokumente → Dokumentelys

2.Kies die volgende:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 

b)Dokumenttipe - By verstek, is "Fakture" gekies. U kan die ander verkoopsdokumente (d.i. Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (d.i. Aankope, Verskafferretoere of Bestellings) kies.  

c)Volgorde - Kies "Dokumentnr., Datum, BTW-Inklusief, BTW Eksklusief, Koppel BTW, Geposteer, Ongeposteer" of "U verwysing" om die lys dokumente te sorteer.

3.Kliek Goed

'n Voorbeeld van die "Dokumentelys - Faktuur", is soos volg: