Voorraad -Voorraad In / Uit - Dokumente (Verslae-kieslys)
Voorraad In / Uit - Dokumente – Vertoon 'n opsomming van alle verkoopsdokumente en aankoopdokumente vir elke voorraaditem. Die “Wys detail” opsie sal die dokumente vir elke voorraaditem lys.
Om Voorraad In / Uit verslag - Dokumente te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Voorraad In / Uit.
2.Kies "Dokumente" (verstek opsie).

3.Kies die volgende:
a)Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s).
b)Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".
c)Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die opsomming van die dokumente vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie.
d)Nuwe bladsy per item - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke voorraaditem op 'n nuwe bladsy gedruk word.
e)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Voorraad In / Uit - Dokumente" (Wys detail nie gekies nie) verslag, is soos volg:
'n Voorbeeld van die "Voorraad In / Uit - Dokumente" (Wys detail gekies) verslag, is soos volg:
Bladsy 1 - Boorpers

Bladsy 2 - Kompressor

