Opstel dokumente - Kwotasies

Parent Previous Next

Om Kwotasies te stel:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel dokumente.

2.Kies die Kwotasies-duimgids.

3.Kies en / of sleutel die volgende opsies in:

a)Volg. kwotasienommer - Die kwotasies is reeds as KW000001 vir u opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as QU000001 (vir "Quotes") opgestel. Dit word aanbeveel dat die kwotasie se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente te onderskei, (byvoorbeeld, KW000001) en die dokumenttipe te identifiseer.  

b)Uitleglêer - Die uitleglêer wat u hier kies, sal op alle kwotasies in die Stel Boeke druk. Sien die uitleglêers vir verkoopsdokumente wat beskikbaar is om u met u keuse te help.

U kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) stel. Dit kan u op die Afleweringsadres-duimgids Debiteure (Aksie-duimgids) stel.

d)Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien u 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die kwotasies wil druk, kan u ook 'n ander uitleglêer kies.

e)Kwotasie opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie, Maar, dit word aanbeveel dat Kwotasie gebruik word.

f)Kwotasieboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle kwotasies gedruk moet word.

4.Kliek op die ander Dokumente om dit ook op te stel.

5.Sodra u klaar is, kliek Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free iPhone documentation generator