Debiteure - Afleweringsadres-duimgids

Die opsies is soos volg:
1.Afleweringsadres - Tot drie (3) reëls vir die afleweringsadres asook die poskode. Die land kan ook gekies word.
2.Poskode - Sleutel 'n geldige poskode in.
3.Land - Verstek is "Leeg". U kan 'n land kies.
4.Boodskap, Staatboodskap 1, Staatboodskap 2 en Staatboodskap 3 - Sleutel die boodskap in wat op die rekeningstate (Verslae-duimgids → Verslae → Debiteure → Uitstaande - Rekeningstate) vir die debiteur (kliënt / klant) gedruk moet word.
|
|
Hierdie boodskapvelde is slegs on 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) se rekening van toeoassing. U kan 'n globale rekeningstaatboodkap in die Rekeningstaat opstel duimgids in Opstel dokumente (Opstel-duimgids) insleutel eat op alle debiteure (kliënte / klante) se rekeningstate sal druk. |
5.Uitleglêers - Die velde is opsioneel.
|
|
Indien geen dokumentuitleglêers vir die debiteur (kliënt / klant) hier gekies is nie, sal die verstek dokumentuitleglêers wat in vir Fakture, Kredietnotas en Kwotasies wat in die Opstel dokumente (Opstel-duimgids) gekies is, gebruik word om dokumente te druk. U kan ander dokumentuitleglêers kies wat slegs vir die debiteur (kliënt / klant) se rekening gebruik word om dokumente te druk. |
a)Uitleglêer 1 - Faktuur
b)Uitleglêer 2 - Kredietnota
c)Uitleglêer 3 - Kwotasie
6.Stuur dokumenttipe – U kan kies om die dokument te druk, druk die dokument en stuur e-pos of e-pos aan.
