Debiteure - Rekeningkundige inligting-duimgids

Die opsies, is soos volg:
1.Rekening onaktief - Hierdie veld moet blanko gelaat word indien u transaksies teen die debiteur se rekening wil posteer.
Hierdie veld moet gekies word indien u geen verdere transaksies teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening wil posteer nie, of indien u die debiteur (kliënt / klant) nie kan skrap nie. U sal egter steeds verslae vir die debiteur (kliënt / klant) kan druk.
2.Oopitem rekening – Kies hierdie veld indien u spesifieke krediettransaksies (ontvangstes of kredietnotas) teen 'n spesifieke debiettransaksies (fakture, ens.) wil koppel. Indien hierdie veld blanko gelaat word, sal die Balans O/D metode gebruik word, waarvolgens enige krediettransaksies (ontvangstes of kredietnotas) outomaties teenoor die oudste uitstaande debiettransaksies (fakture, ens.) toegewys word.
3.Dae verskuldig – Sleutel die aantal dae in wat volgens die kredietooreenkoms met die debiteur (kliënt / klant) waarbinne die transaksies betaal moet word.
|
|
Dié aantal dae word gebruik om die betalingsdatum te bereken. Die betalingsdatum is die transaksie- of dokument se datum PLUS die aantal dae wat u in hierdie veld insleutel. |
4.Kredietlimiet - Sleutel die kredietlimiet wat u aan die debiteur (kliënt / klant) toegestaan het, in of wysig dié bestaande kredietlimiet. Wanneer u transaksies invoer, sal 'n waarskuwingsboodskap vertoon word, indien die kredietlimiet oorskry word.
|
|
Die Beskikbare balans (d.i. Huidige balans minus die Kredietlimiet) sal ook op verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) se invoerskerms vertoon word. |
|
|
Die Sakrekenaar se knoppies sal ook vanuit dié Kredietlimiet veld geînisieer woord. |
|
|
U kan die verslag van die “Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse)” verslae soos op die stelseldatum vir debiteure (kliënte / klante) (Verslae → Verslae → Debiteure → Lys) druk. |
5.Heffingsbedrag - Sleutel die heffingsbedrag in wat u en die debiteur (kliënt / klant) ooreengekom het in, of wysig die bestaande heffingsbedrag.
|
|
Dié heffingsbedrag sal outomaties gebruik word om transaksies in enige joernaal (behalwe in ontvangste- en betalingsjoernale) te genereer. Om dié transaksies te genereer, moet u die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kies. |
6.Debiteurkorting - Indien u nie dokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) genereer nie, moet u hierdie veld blanko laat. Sleutel die persentasie korting in wat u vir die debiteur (kliënt / klant) op sekere voorraaditems wil toestaan.
|
|
Die debiteurkorting sal outomaties op dié persentasie van die verkoopsprys vir die geselekteerde voorraaditem bereken word, indien die “Pas faktuurkorting” toe veld (Aksie → Voorraaditems) gekies (gemerk) is. |
7.Maandelikse rente op agterst. bedrae - Die persentasie rente (maandelikse rentekoers) wat u op enige agterstallige bedrae vir die debiteur (kliënt / klant) wil hef. (Indien die jaarlikse rentekoers 18% is, kan u byvoorbeeld 1.5% (18 ÷ 12 maande) vir die maandelikse rente insleutel. Of, indien die jaarlikse rentekoers 24% (18 ÷ 12 maande) is, sal u 2% insleutel).
|
|
Dié persentasies sal outomaties gebruik word om die rente te bereken en transaksies in enige joernaal (behalwe in ontvangste- en betalingsjoernale) te genereer. Om dié transaksies te genereer, moet u die “Genereer veelvuldige transaksies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kies. |
8.Verkoopsprys – Stel die verstek verkoopsprys vir die debiteur (kliënt / klant) indien dit verskil van die verstek verkoopsprys wat vir alle debiteure (kliënte / klante) (Opstel → Voorraadinligting) gestel is. Wanneer u dokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) prosesseer, sal die verstek verkoopsprys vertoon word.
|
|
Indien u die beskrywings van verkoopsprys 1 / 2 / 3 in die Voorraadinligting (Opstel-duimgids) verander het, sal u beskrywings hier vertoon word. |
|
|
U kan steeds enige van die ander 3 verkoopspryse kies. |
9.Bankrekening -
a)Bankrekeningtipe – Kies “Arbitrêr” of “11 Proef”. Dit is vir elektroniese betalings aan debiteure (kliënte / klante).
|
|
11-Proof - Sien - http://nl.wikipedia.org/wiki/Elfproef Arbitrair - Willekeurig |
b)Bankrekeningnr. – Sleutel die bankrekeningnommer van die debiteur (kliënt / klant) in (indien beskikbaar).
c)Banknaam - Sleutel die bank se naam van die debiteur (kliënt / klant) in (indien beskikbaar).
d)BIC - (“Bank Identifier Code”) - Nie getoets nie.
e)IBAN - (“International Bank Account Number”) - Nie getoets nie.
f)Handtekening - Nie getoets nie.
|
|
SWIFT - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/ SEPA - (Single Euro Payments Area) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/Single_Euro_Payments_Area |
10.Gebruik verstekrekening - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
Indien u transaksies slegs teen 'n spesifieke rekening vir die debiteur (kliënt / klant) wil prosesseer, kan u kies om die verstekrekening te gebruik. Wanneer u hierdie opsie kies (merk), kan u die verstekrekening vir die debiteur (kliënt / klant) kies.
11.Gebruik verstek BTW - By verstek, sal die opsie nie gekies (gemerk) wees nie.
Indien u transaksies slegs teen 'n spesifieke BTW-rekening vir die debiteur (kliënt / klant) wil prosesseer, kan u kies om die opsie te gebruik. Wanneer u hierdie opsie kies (merk), kan u die verstek BTW-rekening vir die debiteur (kliënt / klant) kies.


