Alle kontakpersone wat aan die debiteurrekening gekoppel is, word hier gelys. U kan ook nuwe kontakte skep, bestaande kontakte soek, wysig of skrap.  

Die opsies, is soos volg:

1.Nuwe – Dit sal 'n blanko kontakpersoon skerm oopmaak. 

2.Redigeer – Dit sal die geselekteerde kontakpersoon se besonderhede skerms oopmaak.

3.Skrap – Skrap 'n geselekteerde kontakpersoon. 

4.Soek – Dit sal 'n soortgelyke skerm as in die Aksie → Kontakte inisieer waarop alle kontakte gelys word. U kan dan 'n spesifieke kontak kies. U kan ook die “Outo-kopieer info” opsie gebruik om die besonderhede van 'n geselekteerde kontak te kopieer.