Dokumente (Aankope en Verkope)
Dokumente sal die nodige brondokumente en transaksies skep. Dokumente (brondokumente) kan gedruk word, herdruk word. U kan verskeie dokument uitleglêers kies om die dokumente te druk.
Die tipes dokumente is soos volg:
1.Verkoopsdokumente - Debiteure (kliënte / klante):
a)Fakture - Dit sal die brondokument vir verkope skep. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Debiteur (kliënt / klant) se rekening Krediteer - Verkoperekening Krediteer - BTW-rekening Indien Koste van Verkope op die voorraaditem van toepassing is, sal die aankoopprys (kosprys) verdere transaksies opdateer word: Debiteer - Koste van Verkope rekening Krediteer - Voorraadkontrole rekening |
b)Kredietnotas - Dit sal die brondokument vir verkope wat terug gestuur is, skep. Dit kan die volledige faktuur kanselleer, of gedeeltes daarvan regstel. Wanneer die kredietnota na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Verkoperekening Debiteer - BTW-rekening Krediteer - Debiteur (kliënt / klant) se rekening Indien Koste van Verkope op die voorraaditem van toepassing is, sal die aankoopprys (kosprys) verdere transaksies opdateer word: Debiteer - Voorraadkontrole rekening Krediteer - Koste van Verkope rekening |
c)Kwotasies - Dit sal die 'n brondokument skep wat die belofte om goedere / en of dienste teen 'n spesifieke hoeveelhede en sekere pryse binne 'n bepaalde periode aan 'n Debiteur (kliënt / klant) te verskaf. Kwotasies sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die Debiteur (kliënt / klant) die kwotasie aanvaar, kan die kwotasie bevestig word en na 'n faktuur omskep word. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep.
2.Aankoopdokumente - Krediteure (verskaffers) :
a)Aankope - Dit sal die brondokument vir aankope skep. Wanneer die aankoopdokument na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Voorraadkontrole vir handelsvoorraad (of ander geselekteerde rekening, indien dit nie handelsvoorraad is nie). Debiteer - Inset-BTW Krediteer - Krediteur (verskaffer) se rekening |
b)Verskafferretoere - Dit sal die brondokument vir aankope wat terug gestuur is, skep. Dit kan die volledige aankoopdokument kanselleer, of gedeeltes daarvan regstel. Wanneer die Verskafferretoere na die grootboek opgedateer word, sal die nodige transaksies in die grootboek opdateer.
|
|
Debiteer - Krediteur (verskaffer) se rekening Krediteer - Voorraadkontrole vir handelsvoorraad (of ander geselekteerde rekening, indien dit nie handelsvoorraad is nie). Krediteer - Inset-BTW |
c)Bestellings - Dit sal die 'n brondokument skep om goedere / en of dienste vanaf 'n Krediteur (verskaffer) te bestel. Bestellings sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die goedere / en of dienste vanaf 'n Krediteur (verskaffer) ontvang is of gelewer is, kan die bestelling bevestig word en na 'n aankoopdokument omskep word. Wanneer die aankoopdokument na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep.
Dokumente kan van verskeie opsies geskep word:
🞙Aksie → Dokumente - Nuwe knoppie vir die geselekteerde dokumenttipe.
🞙Skep Fakture opsie (Aksie → Kalender) afspraak kategorieë vir debiteure (kliënte / klante).
🞙Bevestig Kwotasies en Bestellings
🞙Wederkerende fakture (Aksie → Redigeer → Wederkerende fakture) asook (Aksie → Kalender - Wederkerende fakture) afspraak kategorie.
Bykomend tot die bostaande opsies, kan dokumente ook baie vinnig van die volgende konteks-kieslys opsies gegenereer word.
🞙Dokumente → Kopieer dokument konteks-kieslys opsie vir die geselekteerde dokumenttipe;
🞙Dokumente → Kopieer na → Fakture, Kwotasies, Kredietnotas, Aankope, Verskafferretoere of Bestellings konteks-kieslys opsie; ens.
Ongeposteerde dokumente kan op enige stadium geredigeer word.
Geposteerde dokumente kan nie geredigeer word nie. U kan slegs die volgorde van die transaksies en opmerkings, verander deur dit op of af te skuif.
