F9:Opmerkings en Opmerkings ("Remarks")
Daar is twee opsies om addisionele inligting vir 'n item of items in te sleutel wanneer u dokumente skep of redigeer. Die opsies, is soos volg:
1.F9:Opmerkings - Sleutel addisionele inligting vir voorraaditems in. Elke opmerking kan tot 256 karakters bevat. Indien nodig kan u soveel opmerkings as wat u nodig ag insleutel.
2.Opmerkings ("Remarks") - Bykomend tot die F9:Opmerking opsie, kan u vir elke item ook enige ander gepaste addisionele inligting insleutel.
Om addisionele inligting vir 'n item of vir alle items F9:Opmerking in 'n dokument te plaas:
1.Kies die reël of ry, direk onder die item waarvoor u die opmerking wil insleutel.
|
|
Indien daar ander items en of opmerkings onder die geselekteerde reël of ry wat u wil behou, word daar aanbeveel dat u 'n nuwe reël ot ry invoeg. Om dit te doen, druk die F12 of Ctrl + N sleutels. |
|
|
Neem kennis; dat indien u daar reeds enige inligting in 'n geselekteerde reël of ry bestaan, kan die geselekteerde reël of ry se inligting verlore wees. |
2.Kliek F9:Opmerking. 
3.Sleutel gepaste addisionele inligting vir die item in.
4.Kliek Goed. Die opmerking sal in die geselekteerde reël of ry geplaas word.
|
|
U kan ook op die + (voor die itemkode) kliek, om vir die item ander gepaste addisionele inligting insleutel. Dit is bykomend tot die F9:Opmerkings opsie. Hierdie opmerking sal direk onder die item (voor die F9:Opmerking op dokumente druk. |
|
|
•F9:Opmerkings - lewer soek resultate. •Opmerking "Remarks" lewer geen soek resultate nie. |
5.Druk die Enter sleutel om na die volgende reël of ry te gaan.
|
|
Alhoewel die volle F9:Opmerking nie op die skerm ten volle vertoon word nie, sal dit volledig op dokumente druk. n Voorbeeld van die dokument waarop beide die opmerkings opsies gevoeg is, is soos volg: |



