Konteks-kieslys - Kopieer na
Kopieer na – Skep 'n presiese kopie van die geselekteerde dokument(e) na 'n ander dokumenttipe. U kan dan die rekening verander, indien nodig. U kan ook die dokument(e) redigeer, indien nodig.
Stappe:
1.Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)) wat u wil kopieer.
2.Kies die dokument of dokumente wat u na 'n ander dokumenttipe wil kopieer.
|
|
Indien u meer as een dokument wil kopieer, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kopieer. |
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Kopieer na → Faktuur of Kredietnota of Kwotasie of Aankoop of Verskafferretoer of Bestelling opsie op die konteks-kieslys. Kopieë van die geselekteerde dokumente met u (stelseldatum) sal vir die geselekteerde dokumenttipe geskep word.
4.U kan dan die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).
