Konteks-kieslys - Omskep faktuur na bestelling
Omskep faktuur na bestelling - Hierdie opsie is slegs vir die Fakture dokumenttipe beskikbaar.
Proses:
1.Kies die Fakture dokumenttipe.
2.Kies die Faktuur om na 'n Bestelling te omskep.
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Omskep faktuur na bestelling opsie op die konteks-kieslys. 'n Bevestigings-boodskap "Wil u voortgaan?" sal vertoon word.
4.Kliek Ja. Die "Krediteurrekeninge" skerm sal vertoon word.
5.Kies die krediteur (verskaffer) op die lys en kliek OK.
6.Gaan na Bestellings en redigeer die bestelling.
|
|
Die Bestelling wat vanaf 'n Faktuur omskep is, benodig die volgende spesifieke aandag:
Die spesifieke areas word kortliks toegelig: 🞙Datum - Die stelseldatum is by verstek gegenereer. U kan dit wysig, indien nodig. 🞙Afleweringsadres - Dit is die adres van die debiteur (kliënt / klant) sal gekopieer word. 🞙Boodskap - Die faktuur se boodskap in reël 1 sal na die faktuur boodskap ingevoeg word. Redigeer of sleutel 'n gepaste boodskap in.reël 1 en 2. In reël 3 sal die brondokument d..i. die Faktuur nommer wat gekies was om die Bestelling te skep . 🞙Bedrae - Die verkoopspryse is na kospryse omskep. Kontroleer die aankooppryse. 🞙Die Uitset BTW is ook na die Inset BTW omskep. |

