Dokumentinvoer - Lys skerm
Om dokumente te inisieer:
Druk F6, of op die Aksie-duimgids, kies Dokumente. “Fakture” behoort as die verstek dokument tipe vertoon te word. U kan enige van die verkoopdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope Verskafferretoere of Bestellings) kies.
|
|
U kan ook op die Invoer kieslys op die Aksie-duimgids spesifieke tipe verkoopdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope Verskafferretoere of Bestellings) of die PVV - fakture opsie kies. Dit sal die Dokumentinvoer skerm vir die geselekteerde dokument as 'n losstaande skerm inisieer. |
Daar is metodes waarop u dokumente gelys kan word (d.i. die Enkelreël metode of 'n Groeperings metode.
Die “Enkelreël metode” opsie sal soos volg vertoon word:

Die “Groeperings metode” opsie sal soos volg vertoon word:
Indien die “Enkelreël metode” opsie nie gekies (gemerk) is nie, sal die lys van dokumente, soos volg vertoon word:

Dit sal die “Trek 'n kolom na hier met u muis om op die kolom te groepeer” balk vertoon asook die kolomme met dieselfde waardes groepeer.
