Kopieer dokument – Skep 'n presiese kopie van die geselekteerde dokument(e). U kan dan die rekening verander, indien nodig. U kan ook die dokument(e) redigeer, indien nodig. 

Stappe

1.Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)) wat u wil kopieer. 

2.Kies die dokument of dokumente wat u wil kopieer.

Indien u meer as een dokument wil kopieer, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kopieer.

3.Regs-kliek en kies Dokumente Kopieer dokument opsie op die konteks-kieslys. Eksakte kopieë van die geselekteerde dokumente (op u stelseldatum) sal geskep word.  

4.U kan dan die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).