Konteks-kieslys - Omskep na kredietnota / verskafferretoere
Om kredietnota(s) vir faktuur of fakture te skep:
1.Kies die Fakture dokumenttipe om 'n Kredietnota vir 'n Faktuur te skep of Aankope dokumenttipe om 'n Verskafferretoere dokument te skep.
2.Kies die Faktuur waarvoor u 'n Kredietnota wil skep.
|
|
Indien u meer as een dokument wil kies, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kies. |
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Omskep na kredietnota / verskafferretoere opsie op die konteks-kieslys. Kredietnotas sal vir die geselekteerdefaktuur of fakture (op u stelseldatum) geskep word.
4.U kan dan die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).
Om verskafferretoere vir 'n aankoop of aankoopdokumente te skep of fakture te skep:
1.Kies die Aankope dokumenttipe om Verskafferretoer(e) vir te skep.
2.Kies die Aankoopdokument(e) waarvoor u Verskafferretoer(e) wil skep.
|
|
Indien u meer as een dokument wil kies, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kies. |
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Omskep na kredietnota / verskafferretoere opsie op die konteks-kieslys. Verskafferretoere dokument(e) sal vir die geselekteerde aankoopdokument of aankoopdokumente (op u stelseldatum) geskep word.
4.U kan dan die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).
