Konteks-kieslys - Bevestig kwotasies en bestellings
|
|
Kwotasies en Bestellings kan ook bevestig word op die "Bevestig kwotasies en bestellings" skerm wat vanaf die Invoer → Bevestig (Shift+F3) kieslys op die Aksie-duimgids, geïnisieer word. |
Om kwotasies te bevestig:
1.Kies Kwotasies dokumenttipe.
2.Kies die dokumente(e) om te bevestig.
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Bevestig kwotasies en bestellings opsie op die konteks-kieslys. 'n Bevestigings-boodskap "Wil u graag: (1) Kwotasie Bevestiging" (waar (1) die aantal Kwotasies is wat gekies, is en bevestig gaan word) sal vertoon word.
|
|
Indien u meer as een kwotasie wil bevestig, druk die Ctrl sleutel en kliek op die kwotasies wat u wil bevestig. |
4.Kliek Ja om voort te gaan. 'n volgende bevestigings-boodskap "Wil u graag dié Kwotasie skrap?" sal vertoon word.
|
|
Indien u die kwotasie(s) wil behou, kliek Nee. Indien u Ja kliek, sal die kwotasie(s) geskrap (permanent van die Stel Boeke verwyder) word. |
5.Nadat die kwotasie(s) omskep is, sal 'n inligtings-boodskap, byvoorbeeld, "Dokument(e) geskep! FA000018 100005 Mnr. AB Green" vertoon word.
6.Kliek Goed. U kan dan die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).
Om bestellings te bevestig:
1.Kies Bestellings dokumenttipe.
2.Kies die dokumente(e) om te bevestig.
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Bevestig kwotasies en bestellings opsie op die konteks-kieslys. 'n Bevestigings-boodskap "Wil u graag: (1) Bestelling Bevestiging" (waar (1) die aantal Bestellings is wat gekies, is en bevestig gaan word) sal vertoon word.
|
|
Indien u meer as een bestelling wil bevestig, Druk die Ctrl sleutel en kliek op die bestellings wat u wil bevestig. |
4.Kliek Ja om voort te gaan. 'n volgende bevestigings-boodskap "Wil u graag dié Bestelling skrap?" sal vertoon word.
|
|
Indien u die bestelling(s) wil behou, kliek Nee. Indien u Ja kliek, sal die bestelling(s) geskrap (permanent van die Stel Boeke verwyder) word. |
5.Nadat die bestelling(s) omskep is, kan u die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).
|
|
Geen inligtings-boodskap soos wat vir Kwotasies vertoon word, byvoorbeeld, "Dokument(e) geskep! FA000018 100005 Mnr. AB Green", sal vir Bestellings vertoon word nie. |


