Konteks-kieslys - Omskep dokumente na 'n enkele dokument
|
|
Hierdie opsie is beskikbaar vir alle dokumenttipes, behalwe Fakture en Kredietnotas. |
Omskep geselekteerde dokumente na 'n enkele dokument:
1.Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)) wat u wil kopieer.
2.Kies die dokumente wat u in 'n enkele dokument wil kopieer.
|
|
Indien u meer as een dokument wil kies, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kies. |
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Omskep dokumente na 'n enkele dokument opsie op die konteks-kieslys. 'n Bevestigings-boodskap "Wil u graag dié Aankoop skrap?" ("Aankoop" is die geselekteerde dokument tipe).
|
|
Indien u die oorspronklike dokumente wil behou, kliek Nee. No button. Indien u Ja kliek, sal die geselekteerde dokumente geskrap permanent van die Stel Boeke verwyder word. |
4.In die geval van Kwotasies, sal die "Debiteurrekeninge" skerm sal vertoon word. In die geval van Aankoopdokumente, sal die "Krediteurrekeninge" skerm sal vertoon word.
5.Kies die debiteur (kliënt / klant) of die krediteur (verskaffer) op die lys en kliek OK.
6.Al die geselekteerde dokumente met u (stelseldatum) sal in 'n enkele dokument omskep word.
7.U kan dan die dokument redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).


