Konteks kieslys - Verander rekening
Verander rekening – Die opsie is slegs van toepassing op dokumente wat nog nie na die grootboek opgedateer (ongeposteerd) is nie.
In die geval van fakture, kredietnotas en kwotasies kan u 'n ander debiteurrekening kies.
In die geval van aankope, verskafferretoere en bestellings kan u 'n ander krediteurrekening kies.
Om 'n nuwe debiteurrekening vir 'n verkoopsdokument te kies:
1.Kies die verkoopsdokument tipe (d.i. Faktuur of Kredietnota of Kwotasie).
2.Regs-kliek en kies Dokumente → Verander rekening opsie op die konteks-kieslys. Die "Debiteurrekeninge" skerm sal vertoon word.
3.Kies die debiteur (kliënt / klant) op die lys en kliek OK.
Om 'n nuwe krediteurrekening vir 'n aankoopdokument te kies:
1.Kies die aankoopdokument tipe (d.i. Aankope of Verskafferretoere of Bestelling).
2.Regs-kliek en kies Dokumente → Verander rekening opsie op die konteks-kieslys. Die "Krediteurrekeninge" skerm sal vertoon word.
3.Kies die krediteur (verskaffer) op die lys en kliek OK.