Voorraaditems - Transaksies-duimgids

Parent Previous Next

Die Dokumente-duimgids sal die Verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, en Punt-van-Verkope fakture) of Aankoopdokumente (Aankope en Verskafferretoere) waarop die voorraaditem, gekies is, lys.

Dit sal slegs dié dokumente wat na die reeds na die grootboek opgedateer (geposteer) is lys.

Kwotasies en Bestellings sal nie gelys word nie.

Oopmaak van dokumente

Regs-kliek op 'n geselekteerde dokument en kies "Open document" op die konteks-kieslys. U kan die dokument nie redigeer nie, maar slegs besigtig en die volgorde van die items en opmerkings wysig.

Die kolomme is soos volg:

1.Datum – Die dokument datum.

2.Items – Die aantal items (hoeveelhede) wat in die "Versend" veld gespesifiseer is.

a)Positiewe items (hoeveelhede) - Aankope en Kredietnotas – (Voorraad in).

b)Negatiewe items (hoeveelhede) - Fakture en Verskafferretoere (Voorraad uit).

3.Kosprys - Die kosprys of aankoopprys (Inset-BTW uitgesluit) per eenheid.

In die geval van Aankope en Verskafferretoere is die Kosprys en Verkoopsprys dieselfde.  

4.Verkoopsprys - Die verkoopsprys per eenheid

In die geval van Aankope en Verskafferretoere is die Kosprys en Verkoopsprys dieselfde.  

5.Dokumentreël - Die waarde is altyd 1.

6.Dokumentnr. – Die dokumentnommer.

7.Verwysing - Die verwysing wat bo in die "U verwysings"-veld op die dokumentinvoer skerm ingesleutel is.

8.Gebruiker - Indien gebruikers op Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) geskep is, sal die naam van die gebruiker vertoon word.

9.Kum. - Die openingsvoorraad "Opening Qty : 5". In dié voorbeeld is dié voorraaditem se openings hoeveelheid 5. Die Aankope en kredietnotas vermeerder die openings hoeveelheid en Fakture en Verskafferretoere verminder die openings hoeveelheid.

10.id - Dit is die rekord id wat outomaties vir die dokument gegenereer is.

11.Geposteer - Behoort altyd 1 te wees, aangesien slegs geposteerde dokumente op die Transaksies-duimgids gelys word.

12.Dokumenttipe -  Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas en Punt-van-Verkope fakture) en Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere).

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Generate Kindle eBooks with ease