Voorraaditems - Beeld-duimgids

Parent Previous Next

Beeld – Beelde (prente) vir elke voorraaditem word hier bygevoeg of geskrap. Hierdie beelde (prente) sal op die volgende skerms vertoon word:

1.Knoppie opsoek opsie – Die opsie word in die Opstel → Voorraadinligting geaktiveer. Wanneer voorraaditems in verkoopsdokumente (d.i. fakture, kredietnotas, kwotasies en punt-van-verkope fakture) en aankoopdokumente (d.i. aankope, verskafferretoere en bestellings), gekies word, sal dié beelde (prente) vir voorraaditems vertoon word. Dit word aanbeveel dat beelde (prente) vir die Voorraadgroep 1 (Opstel → Groepe) gelaai word.

Groepe - Needse en Kleure

Die Knoppie opsoek kan gestel word om beelde van u produkte en groepe te laai en kleure te stel. in die Groepe (Voorraadgroep 1) op die Opstel-duimgids.

2.Aksie → Voorraaditems – Wanneer 'n voorraaditem op die lys van voorraaditems gekies is, sal die beeld (prent) onder aan die linkerkant (vertikale seksie van die skerm) vertoon word.

Om 'n beeld vir 'n voorraaditem te laai:

1.Op die Aksie-duimgids, kies Voorraaditems en die voorraaditem.

2.Kliek op die Beeld-duimgids.

3.Kliek op die Kies beeld knoppie.

4.Kies 'n beeld en kliek op die Open knoppie.

Beelde moet in die *.jpg, *.jpeg, *.bmp of *.png lêerformaat wees.

Om die Knoppie opsoek te aktiveer:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Voorraadinligting.

2.Kies (merk) die “Knoppie opsoek” veld.

3.Kliek op die Goed knoppie.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free iPhone documentation generator