Voorraaditem - Redigeer skerm
Voorraaditems word gekies wanneer u dokumente prosesseer. Om elke tipe voorraaditem te skep, word in die dokumentasie bespreek.
Om voorraaditems te skep:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Voorraaditems of druk die F12 sleutel.
2.Kliek Nuwe. 'n leë Voorraaditem skerm - Verstek tipe voorraaditem sal vertoon word:
3.Kies en sleutel die volgende in:
a)Voorraadkode - Sleutel 'n kode vir die voorraaditem in. Die kode kan tot 15-karakters lank wees..
b)Beskrywing - Sleutel 'n beskrywing vir die voorraaditem in.
c)Strepieskode - Indien u strepieskodes ("barcodes") gebruik, sleutel die gepaste strepieskode in.
|
|
Die "EAN13 Barcode" valideer vir 13-nommers (die laaste nommer is 'n toets-nommer ("checksum number")). Indien die strepieskode nie korrek is nie, sal die etikette nie gedruk word nie. |
d)Vervaardiger - Sleutel die nodige inligting van die vervaardiger in, indien beskikbaar.
e)Tipe - Verstek tipe is die verstek voorraaditem tipe. Dit word hoofsaaklik vir handelsvoorraad gebruik.
|
|
Sodra dokumente vir die voorraaditem geprosesseer word, sal die tipe nie verander kan word nie. |
|
|
Die voorraaditem tipes, is soos volg: 1.Verstek (word gebruik vir handelsvoorraad) 2.Finansiële inskrywing 3.Verkope 4.Verkope (geen voorraad) 5.Aankope 6.Aankope (geen voorraad) 7.Opsie item 8.Opsie item (geen voorraad) 9.Komponente ('BOM") 10.Komponente (Produksie) 11."Linked Sale" |
f)Eenheid - Kies a gepaste eenheid (byvoorbeeld Elk, Ure, ens.).
|
|
Die Eenhede word in Voorraadinligting (Opstel-duimgids) geskep. |
g)Onaktief - By verstek, is voorraaditems aktief gestel.
h)Pas faktuurkorting toe - Hierdie opsie is by verstek gemerk. Dit is slegs van toepassing op debiteure (kliënte / klante).
|
|
Die persentasie korting word in die "Debiteurkorting" veld op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Debiteure op die Aksie-duimgids) ingesleutel. |
i)Ekstra beskrywing - U kan enige addisionele inligting of beskrywing vir die voorraaditem insleutel. (Dit is opsioneel).
j)Verslae - Voorraadgroep 1 / 2 - Kies die voorraadgroep vir die voorraaditem.
|
|
Die beskrywing van voorraadgroep 1 en / of 2 wat u in die "Naam van verslaggroep" ingesleutel het, vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2, sal hier vertoon word. Kies 'n gepaste Voorraadgroep 1 en of Voorraadgroep 2 wat in (Groepe (Opstel-duimgids) ingesleutel is. |
k)Voorkeurverskaffer 1 - Indien u 'n spesifieke verskaffer het waarvan u dié voorraad item gereeld aankoop, kan u die verskaffer kies. U kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.
l)Voorkeurverskaffer 2 - Indien u 'n alternatiewe verskaffer het waarvan u dié voorraad item kan aankoop, kan u die verskaffer kies. U kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.
4.Daar is vyf (5) standaard duimgidse vir
a)Grootboek - word gebruik om die voorraaditem aan rekeninge te koppel, verkoopspryse en waardes (kostes en aantal items) te spesifiseer.
b)Dokumentgroepe - sal alle Verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture) of Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) waarop die voorraaditem, gekies is, lys.
c)Beeld - Beelde (prente) vir elke voorraaditem word hier bygevoeg of geskrap. Hierdie beelde (prente) sal op die verskeie skerms vertoon.
d)Multigroep - kan u veelvuldige groepe aan die geselekteerde voorraaditem koppel. Die hoof verslaggroep (Voorraadgroep 1) word op die Verslae – Verslaggroep 1 veld van die “Voorraaditem” skerm gekies. Dieselfde lys vir Voorraadgroep 1 (Voorraadgroep 1) is beskikbaar. U kan 'n ander groep hier aan dié voorraaditem koppel.
e)Uitstaande bestellings - Alle uitstaande bestellings (waar die aantal eenhede bestel meer is as die aantal eenhede versend wanneer fakture geprosesseer word) vir die debiteur (kliënt / klant) hier gelys.
|
|
Opsie item-duimgids Indien die Opsie item of Opsie item (geen voorraad) voorraaditemtipe geskep word. Komponente-duimgids - Indien die Komponente of Komponente (produksie) voorraaditemtipe geskep word. |


