Voorraaditems - Dokumentgroepe-duimgids
Die Dokumente-duimgids sal alle Verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture) of Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) waarop die voorraaditem, gekies is, lys.
|
|
Druk dokumente U kan op 'n geselekteerde dokument dubbel-kliek om die dokument te druk. |
|
|
Oopmaak van dokumente Regs-kliek op 'n geselekteerde dokument en kies "Open document" op die konteks-kieslys. 🞙Indien die dokument se waarde 0 is in die Geposteerd-kolom is die dokument nog nie na die grootboek opgedateer nie (ongeposteer). U kan die dokument redigeer indien nodig. 🞙Indien die dokument se waarde 1 is in die Geposteerd-kolom is die dokument reeds na die grootboek opgedateer (geposteer). U kan die dokument nie redigeer nie, maar slegs besigtig en die volgorde van die items en opmerkings wysig. |

Die kolomme is soos volg:
1.Datum – Die dokument datum.
2.Items – Die aantal items (hoeveelhede) wat in die "Versend" veld gespesifiseer is.
3.Dokumentnr. – Die dokumentnommer.
4.Beskrywing – Beskrywing of naam van die voorraaditem.
5.Prys – Die prys is soos volg:
a)Kosprys van elke item (Eksklusief van Inset-BTW) vir Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings).
b)Verkoopsprys van elke item (Eksklusief van Uitset-BTW) vir Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture).
6.Korting – Die persentasie korting wat op die dokument vir die item gekies is.
7.Eksklusief – Die prys is soos volg:
a)Kosprys van die aantal items (Eenheidsprys x die Aantal items) (Eksklusief van Inset-BTW) vir Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings).
b)Verkoopsprys van die aantal items (Eenheidsprys x die Aantal items) (Eksklusief van Uitset-BTW) vir Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture).
8.Inklusief - Die prys is soos volg:
a)Kosprys van die aantal items (Eenheidsprys x die Aantal items) (Inklusief van Inset-BTW) vir Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings).
b)Verkoopsprys van die aantal items (Eenheidsprys x die Aantal items) (Inklusief van Uitset-BTW) vir Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture).
9.Eenheidsprys – Die prys is soos volg:
a)Kosprys van elke item (Eksklusief van Inset-BTW) vir Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings).
b)Verkoopsprys van elke item (Eksklusief van Uitset-BTW) vir Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture).
10.Beskrywing - Die eenheid se beskrywing.
11.Nommer - Die rekeningkode van die debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer).
12.Naam - Die naam van die debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer).
13.Dokumenttipe - Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture) en Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings).
14.Geposteer - 1 = Geposteer en Ongeposteer = 0.
