Voorraaditems - Grootboek-duimgids
Die Grootboek-duimgids word gebruik om die voorraaditem aan rekeninge te koppel, verkoopspryse en waardes (kostes en aantal items) te spesifiseer.
Die Grootboek-duimgids, is die verstek duimgids wanneer u 'n voorraaditem kies.
|
|
Indien u ander tipe voorraaditem, kies sal sekere velde op die Grootboek-duimgids sal gedeaktiveer word. |
Dié Grootboek-duimgids is vir die Verstek tipe voorraaditem.

Die opsies wat gekies en ingesleutel moet word, is soos volg:
1.Rekeningklas - U moet elke voorraaditem aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole koppel. U kan rekeningklasse skep en aan die aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole) koppel. U hoef slegs die rekeningklas te kies, om die voorraaditem outomaties aan die vyf rekeninge te koppel.
2.Laaste faktuur - Dié veld is onaktief. Die datum van die laaste faktuur wat of ander dokument waarin u vir hierdie voorraaditem gekies het, sal hier vertoon word.
3.Kostesentrum - Dié veld is by verstek onaktief. Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.
4.Gewig
a)Netto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.
b)Bruto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.
5.Verkoopspryse - Sleutel die verkoopsprys 1/2/3 eksklusief van BTW in of Inklusief van BTW in. Die Inklusief van BTW veld sal die Eksklusiewe bedrag bereken volgens die persentasie wat vir die geselekteerde BTW-rekening ingesleutel is.
|
|
Indien u die Verkoopspryse se beskrywings verander het in Voorraadinligting (Opstel-duimgids), sal u beskrywings hier vertoon word. |
|
|
U kan enige van die 3 verkoopspryse kies wanneer u Fakture, Kredietnotas en Kwotasies prosesseer. |
6.Waardes
a)Gemiddelde koste - U kan die gemiddelde kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die gemiddelde prys outomaties opgedateer word.
b)Totale koste - U kan die totale kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.
c)Hoeveelheid op hande - U kan die aantal voorraaditems op hande insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die sal aantal items outomaties opgedateer word.
d)Nuutste koste - U kan die nuutste kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.
|
|
Nadat u die voorraaditems geskep het, kan u ook die kospryse vanaf 'n vorige rekeningkundige stelsel se rekords aanneem. |
e)Herbestelvlak - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat u in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, moet u kan u vroegtydig voorraad bestel en / of aankoop.
f)Herbestel by - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat u in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, moet u kan u vroegtydig voorraad bestel en of aankoop. . Indien die voorraaditems, hierdie vlak bereik, moet u voorraad bestel en / of aankoop.
g)Minimum - Sleutel die minimum aantal voorraaditems in.

