Opstel onderneming
In die Opstel onderneming word die onderneming se besonderhede soos die adres, e-posadres, kontaknommers, onderneming se registrasie- en BTW-registrasienommers, ens. ingesleutel. Dit sal op verslae, lyste en dokumente, ens. vertoon word.
U kan ook kies of u verslae, dokumente en lyste outomaties na die skerm, drukker, lêer, faksimilee of e-pos gedruk moet word. U kan ook die u “Windows” bedryfstelsel se datum- en geldeenheid formate hier stel.
U kan ook u onderneming se logo wat u op dokumente en rekeningstate wil vertoon, hier laai. U moet die opsie om die logo op dokumente te druk (of nie) in die Opstel dokumente stel.
Om die onderneming se inligting en opsies te stel:
1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel onderneming. (Ctrl+F5).

2.Sleutel die naam en adres sowel as die poskode van u onderneming in.
3.Sleutel u onderneming se registrasienommers in, indien van toepassing.
|
|
Neem kennis van die volgende inligting met betrekking tot registrasienommers: •Registrasienr. - Indien u onderneming as 'n maatskappy, nie-winsgewende onderneming, beslote korporasie, trust, ens. geregistreer is, moet dié veld voltooi word. •BTW Registrasienr. -Indien u vir BTW geregistreer is, moet dié veld voltooi word. |
4.Sleutel u telefoon- en faksnommer in en E-posadres in, waar van toepassing.
5.Bankbesonderhede - (Opsioneel). U kan die besonderhede vit tot twee (2) bankrekeninge insleutel:
a)Banknaam 1 - Sleutel die naam van u bankrekening in.
b)Houer se naam 1 - Sleutel die takkode in.
c)Bankrekeningnr. 1 - Enter the bank account number, if available.
d)SWIFT nr - (Society for Worldwide Interbank Financial Telecommunication). Enter, if available.
|
|
SWIFT - See http://en.wikipedia.org/wiki/SWIFT / http://www.theswiftcodes.com/ SEPA - (Single Euro Payments Area) - See - http://en.wikipedia.org/wiki/Single_Euro_Payments_Area |
e)IBAN nr - ("International Bank Account Number").
f)BIC - ("Bank Identifier Code").
|
|
Your banking information can be used on the BankInvoice layout file or you may add these on your layout files, in the Report designer (accessed from the Reports ribbon or Setup ribbon). |
|
|
Die bankbesonderhede vir Bank 1, al on die Debitere (kiënte / klante) se rekeningstate soel as die volgende fakture (dokumentuitleglêers uitdruk: 🞙Faktuur Bankdetail (15 kodes) 🞙Faktuur Bankdetail (10 kodes) 🞙Faktuur Bankdetail (geen kodes) 🞙Toets Faktuur (Engels) LET WEL - Hierdie faktuur sal slegs in Engels druk. 🞙Dokumentuitleg (10 kodes) 🞙Dokumentuitleg (15 kodes) 🞙Dokumentuitleg (geen kodes) |
6."Additional Data" - Indien u 'n webtuiste op u verslae wil vertoon, kan u die webtuiste insleutel.
|
|
Die "Webtuiste" se inligting wat u hier insleutel, sal op alle verslae en dokument uitleglêers waarop die Onderneming se inligting gedruk word. |
7.Kliek op Opsies. Die Opsies skerm is soos volg:
8.Die “BTW-metode” is op “Faktuurbasis” gestel. Moet dit nie wysig nie.
9.Kies die “Verstek uitset” opsie (d.i. skerm, drukker, lêer, faks of e-pos).
10.U kan die onderneming se logo laai of verwyder.
|
|
Indien u die onderneming se logo wat 'n adres insluit op dokumente (fakture, ens.) en debiteure se rekeningstate wil laat druk, kan u op die Laai van lêer knoppie kliek om die logo van 'n geldige lêerformaat op u stelsel te laai. |
11.Kliek op die Stel die Windows datum formaat/styl knoppie om die datum en geldeenheid formaat vir u eie streek te stel.
|
|
Dit is belangrik om die Windows datum formaat te bevestig en die formaat te wysig, indien nodig, aangesien dit die formaat sal bepaal waarin die datums vir transaksies ingevoer en op state, verslae, lyste, soek skerms, ens. vertoon sal word. Die datum vir 1 Maart 2018 kan moontlik in een van die volgende formate vertoon word: ✓JJ/MM/DD - 18/03/01 ✓DD/MM/JJ - 01/03/18 ✓JJJJ/MM/DD - 2018/03/01 ✓DD/MM/JJJJ - 01/03/2018 Die JJJJ/MM/DD (2018/03/01) is die formaat wat in dié dokumentasie gebruik word. |
12.Kliek Goed om die wysigings te stoor.


