Verslagontwerper koppelvlak
VERSLAGONTWERPER KOPPELVLAK
Alle verslae en dokument uitleglêers word in die “...\plug_ins\reports” omslag van u TurboCASH5 installasie omslag gestoor.
Om die verslagontwerper te inisieer:
1.Kies die Verslagontwerper op die Verslae-duimgids of Opstel-duimgids.

Die opsies, is soos volg:
1.Kopieer verslag – Kliek om 'n identiese kopie van 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer te skep. Die gekopieerde verslag se naam, sal byvoorbeeld, “Copy of Reportname” *.rep wees. Indien dié verslag parameters het sal die *.dfm lêer ook met dieselfde naam gekopieer word.
|
|
Indien u 'n verslag of dokument uitleglêer wil redigeer, is dit raadsaam om eers 'n kopie van die verslag of uitleglêer te skep. |
|
|
U kan die verslag hernoem en dit na die Gebruikerverslae kopieer. U kan u eie omslag skep in die “...\plug_ins\reports\userreports\” omslag skep en u verslae daarin kopieer. U kan hierdie verslae op die Verslae-duimgids → Gebruikerverslae inisieer. Dokument uitleglêers kan nie van enige ander omslag as die “...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS” omslag gedruk word nie. |
2.Redigeer – Inisieer die Verslagontwerper “Report manager designer” skerm waarin u 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer kan redigeer, of 'n nuwe verslag kan skep.
3.U kan ook op 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer dubbel-kliek om dit te redigeer.
4.Skrap – Dit sal 'n geselekteerde dokument uitleglêer of verslag (*.rep) lêer (asook die parameter (*.dfm) lêer, indien die verslag parameters het) skrap.
|
|
Maak absoluut seker dat die korrekte verslag of dokument uitleglêer gekies is, voordat u Skrap kliek. Indien die verkeerde verslag of dokument uitleglêer geskrap is, sal dit permanent van u stelsel verwyder wees. |
5.Nuwe verslag – Dit sal 'n blanko verslag, met geen datastelle, gebaseer op die “...\plug_ins\reports\New.rep” sjabloon skep. Indien u die “New.rep” lêer stoor, sal dit as “New.rep” in die omslag wat geselekteer was voordat u op die Nuwe verslag knoppie gekliek het.
6.Nuwe omslag – Dit sal 'n nuwe omslag in die geselekteerde omslag skep. U kan dubbel-kliek om die nuwe omslag te hernoem.
7.Lêerblaaieromslag – Indien 'n verslag of dokument uitleglêer gekies is, en u kliek op dié knoppie, sal die omslag, wat die geselekteerde verslag of dokument uitleglêer bevat, in Windows-Verkenner (“Windows Explorer”) of u bedryfstelsel se verstek lêerblaaier program opgemaak word.
8.Verfris – Dit sal die lys van omslae, verslae en dokument uitleglêers in die “Report man” skerm verfris (herlaai).
|
|
Die “Geen verfris na stoor” is by verstek gemerk. Indien u die merk verwyder, sal dit outomaties die “Report man” skerm verfris (herlaai) wanneer 'n verslag gestoor word. Dit kan egter u stelsel stadiger maak. |
9.Hulp – Dié knoppie is onaktief. Dié aflyn hulp kan in die “.../plug_ins/reportman/doc/indexes.html” lêer van die TurboCASH5 installasie omslag gevind word.
|
|
U kan die aanlyn hulp by http://reportman.sourceforge.net/ vind. Indien u op 'n spesifieke area van die velde op die “Verslagontwerper” skerm fokus,sal 'n vraagteken ? by die muis-wyser (“cursor”), geheg word. Dit sal die spesifieke onderwerp (byvoorbeeld, http://reportman.sourceforge.net/doc/refcommon.html) in u stelsel se verstek internet blaaier vertoon word. |
10.Parameters – Indien 'n verslag parameters (opsies om u keuses vir 'n verslag te stel) het, en u op dié knoppie kliek, sal die parameters skerm (wat geredigeer kan word) vertoon word. 'n voorbeeld van die Grootboek transaksies se parameters, is soos volg:

11.Skep parameters en maak oop – Dit sal die “Report manager designer” skerm waarop u die verslag sowel as die parameters (Verslag → Parameter definisie) en datastelle (Verslag → Data konneksies en konfigurasie) kan redigeer.
|
|
Indien 'n verslag geen parameters het nie, en u op dié knoppie kliek, sal dit 'n foutboodskap, vertoon: "No params found. create one first C:\TCASH5\plug_ins\reports\userreports\Custom Reports\New.dfm" U moet dan die boodskap toe maak en op die Parameters knoppie kliek om parameters te skep. Indien u 'n ander verslag met soortgelyke parameters vind, kan u dié parameter *.dfm lêer na die omslag van u verslag kopieer en die naam verander om dieselfde as u verslag se naam te wees. U kan dan die parameters sowel as die verslag redigeer. |
12.Besigtig verslag – Kliek om 'n geselekteerde verslag of dokument uitleglêer op skerm te vertoon. Indien 'n verslag parameters (opsies om u keuses vir 'n verslag te stel) het, sal die parameters skerm ook vertoon word.
|
|
Terwyl u 'n verslag of dokument uitleglêer redigeer, kan u ook op die Besigtig die verslag op skerm |
13.Kies toetsdokument id – Indien u op die Besigtig verslag knoppie kliek, sal die laaste dokument wat normaalweg gedruk of geprosesseer was, in die dokument uitleglêer (“...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS” omslag) wat gekies is, op skerm vertoon word. Indien u op die Kies toetsdokument id knoppie kliek, kan u enige ander geposteerde of ongeposteerde dokument kies, om op skerm te vertoon.


