Verslagontwerper - Verslae lêer struktuur
Alle verslae en dokument uitleglêers word in die “...\plug_ins\reports” omslag van u TurboCASH5 installasie omslag gestoor. Wanneer u die Verslagontwerper (op die Verslae-duimgids of Opstel-duimgids) kliek, sal die “Report man” skerm, die omslae, verslae en dokument uitleglêers vertoon.
Die verslae en dokument uitleglêers, is kortliks soos volg:
1.“DOCUMENTS” – Alle uitleglêers om dokumente te druk, word in die “...\plug_ins\reports\DOCUMENTS\DOCUMENTS” omslag gestoor.
2.Verslae → Verslae – Hierdie verslae word in die “...\plug_ins\reports\systemreports” omslag gestoor.
3.Verslae → Gebruikerverslae – Hierdie verslae word in die “...\plug_ins\reports\userreports” omslag gestoor. Gebruikers kan hul eie verslae skep en / of redigeer en dit in dié omslag stoor.
4.Verslae → Grootboekontleder en T-Rekeninge – Sewe (7) verslae word in die “...\plug_ins\reports\GENERAL\ledgerview” omslag gestoor. Dié verslae is:
a)budgetvsactsimple – Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar verslae.
b)colbal – Nie in gebruik nie.
c)colbalopen – Nie in gebruik nie.
d)colbalopenonly – Nie in gebruik nie.
e)colbalsimple – Standaard kolombalanse verslag.
f)detail – Proefbalans, Inkomstestaat en Balansstaat.
g)ledgerdetail – Druk knoppie op T-Rekeninge.
5.Verslae wat op ander funksies gedruk word – Dié verslae word in die ...\plug_ins\reports\GENERAL\documents omslag gestoor. Dié verslae is:
a)Joernale (Aksie → Joernale (F2))
i)abbreviations – Definieer afkortings soos in die F9:Prosesseer geskep en / of geredigeer word. Indien u die Druk lys knoppie van die “Stel 'n afkorting” skerm kliek, sal 'n lys van die afkortings in die “Joernale: Definieer afkortings” gedruk word. Die afkortings wat op dié verslag gelys is, kan gebruik word om outomaties die beskrywing reëls in joernale en dokumente te voltooi.
ii)batch – Terwyl u besig is om joernale te prosesseer, en op die F8:Lys, kliek sal dit alle transaksies in die ongeposteerde joernaal druk.
iii)postedbatch – Die “Joernaaltipe verslag: Geposteerde Joernaal” verslag word gedruk wanneer u op die Druk knoppie van die Detail-duimgids van die Geposteerde joernale-duimgids in die (Aksie → Joernale) kliek. Dit sal dit alle transaksies van 'n geselekteerde geposteerde joernaal druk.
iv)paycreditor – Druk die Outomatiese betalingsverslag wanneer u op die Druk knoppie van die “Outomatiese betalings” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kliek.
v)paydebtor – Druk die Outomatiese ontvangsteverslag wanneer u op die Druk knoppie van die “Outomatiese ontvangstes” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) kliek.
vi)receipt – Druk 'n kwitansie indien die “Skep kwitansies” opsie in die “Prosesseer joernaal” (F9:Prosesseer) van 'n ontvangstejoernaal gekies is, en die “Druk uit” opsie gemerk is.
vii)recon – Druk die Bankrekonsiliasie verslag wanneer u op die Verslag ikoon van die “Rekonsilieer bankrekening” skerm kliek (Aksie → Rekonsiliasie).
b)Dokumente (Aksie → Dokumente (F6)) konteks-kieslys:
i)barcodes – Kits-skakel om die strepieskodes van voorraaditems wat in dokumente gekies was, te druk.
ii)labels - Kits-skakel om die etikette vir die posadresse van debiteure wat op verkoopsdokumente (d.i. fakture, kwotasies en kredietnotas) of krediteure wat op aankoopdokumente (d.i. aankope, bestellings en verskafferretoere) gekies was.
iii)labelsdelivery – Nie geïmplementeer nie.
c)Punt-van-verkope (Standaard) Aksie → Invoer → PVV-fakture (Ctrl + F6):
i)oldpossales – Dié verkope verslag druk vanaf die Prosesseer – Verslae of Opkas opsie van die “PVV Fakture” skerm.
ii)oldposcashup - Dié opkas verslag druk vanaf die Prosesseer – Verslae of Opkas opsie van die “PVV Fakture” skerm.
d) Ander
i)datacheck – Druk die Data integriteitstoets verslag (Opstel → Nutsitems → Data integriteitstoets).
ii)groups – Druk lyste vir alle groepe (d.i. Rekeninggroep 1 / 2, Debiteurgroep 1 / 2, Krediteurgroep 1 / 2, Voorraadgroep 1 / 2, Dokumentgroep 1 / 2, ens. wanneer daar op die Druk knoppie van die Opstel → Groepe skerm gekliek word.
iii)payments – Druk die “Kwitansie / Betalings” verslag wanneer die “Ontvang betalings” konteks-kieslys opsie gekies word (en die “Druk kwitansie” opsie is gemerk). Dié opsie kan vanaf die Transaksies-duimgids, sowel as die “Oopitem koppel” skerm van Aksie → Oopitem koppel vir 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) geïnisieer word.
iv)Userlog – Druk die “Logverslag” wanneer op die “Log report” knoppie in Opstel → Toegangsbeheer kliek (wanneer gebruikers opgestel is.
6.REPORTS
a)CREDITOR – (Aksie → Krediteure (F5)) – Kits-skakel op die konteks-kieslys om 'n “Etiket vir die geselekteerde krediteur se posadres” of 'n “Etiket vir die geselekteerde krediteur se afleweringsadres” te druk.
b)DEBTOR – (Aksie → Debiteure (F4)) – Kits-skakel op die konteks-kieslys om 'n “Etiket vir die geselekteerde debiteur se posadres” of 'n “Etiket vir die geselekteerde debiteur se afleweringsadres” te druk.
c)STOCK – (Aksie → Voorraaditems (F12)) – Kits-skakel op die konteks-kieslys om die “Strepieskode” of “Yagoda strepieskode” van geselekteerde voorraaditems te druk.
d)PROJECTS – Projekte indien dit (Opstel → Groepe - Status) geskep is. Nadat transaksies vir projekte geposteer is, kan verslae wat in die omslag gestoor is (d.i. Transaksies, Ure, Voorraaditems, State en die Totaal verslae) gedruk word.
e)HORECAPOS – Dié omslag bevat die verslae vir die “HORECAPOS” en “RETAILPOS” inprop-programme.
f)SUBSCRIPT – Dié omslag bevat die verslag vir die “Subscriptions” inprop-program. (Sien die “Subscriptions” omslag – bevat die verslae, e-pos sjablone “emailtemplates”, uitlegte en Sql vir die “Subscriptions” inprop-program).
g)REPORTS – Die “BATCHREPORT, CONTACTS, COSTCENTER, GL” en “TAX” omslae bevat ou verslae wat nie in TurboCASH5 gebruik word nie.
7.Omslae en verslae vir inprop-programme
a)EmailInvoice en debcred omslae word vir die “E-MailPro” inprop-program gebruik.
b)parcel – Nie geïmplementeer nie.
c)remittance – Dié omslag bevat die verslae, e-pos sjablone (“emailtemplates”) en uitlegte vir die “Aanmanings” inprop-program.
d)Subscriptions – Dié omslag bevat die verslae, e-pos sjablone (“emailtemplates”), uitlegte en Sql vir die “Subscriptions” inprop-program.