Duimgidse

Parent Previous Next

Die funksies van die TurboCASH-program word in vyf (5) Duimgidse gegroepeer.

U mag moontlik ekstra spasie benodig wanneer u met Dokumente, Voorraaditems, Debiteure, Krediteure, Grootboekontleder, ens., werk. U kan op enige van die stroke op duimgidse (d.i. Begin, Aksie, Verslae, Opstel en Gebruiker) dubbel-kliek om die stroke op dié duimgidse te versteek.  U kan steeds die funksies op die stroke in die duimgidse gebruik deur gewoonweg op 'n duimgids te kliek. Sodra u die funksie gekies het sal die stroke op die duimgidse weer outomaties versteek word. Om die stroke op die duimgidse duimgidse (d.i. Begin, Aksie, Verslae, Opstel en Gebruiker) weer normaalweg (staties) te vertoon, hoef u slegs weer te dubbel-kliek.


Toegang tot die meeste van die funksies in TurboCASH sal slegs toeganklik wees in dien 'n Stel Boeke oopgemaak is. Indien geen Stel Boek oopgemaak is nie, sal slegs die funksies op die Begin-duimgids beskikbaar wees. U moet enger 'n Stel Boeke oop maak om die Registreer en die Stoor as funksies te gebruik.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Generate Kindle eBooks with ease