Aankope per periode - Hoeveelhede verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede en Kospryse vir die items per krediteur (verskaffer).
Hierdie verslag sluit slegs geposteerde aankope in. Ongeposteerde aankope is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om 'n Aankope per periode - Hoeveelhede vir Krediteure te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankope → Aankoopdokumente → Krediteure.
2.Kies die volgende opsies:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
d)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Aankope per periode - Hoeveelhede", is soos volg:
Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create EPub books