Aankope - Aankope - Krediteure (Verslae-kieslys)
Aankope per periode - Hoeveelhede verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede en Kospryse vir die items per krediteur (verskaffer).
|
|
Hierdie verslag sluit slegs geposteerde aankope in. Ongeposteerde aankope is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om 'n Aankope per periode - Hoeveelhede vir Krediteure te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankope → Aankoopdokumente → Krediteure.

2.Kies die volgende opsies:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
d)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Aankope per periode - Hoeveelhede", is soos volg:

