Aankope - Aankope - Grafiek (Verslae-kieslys)
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om u aankope vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
•Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op u aankope per week in 'n staafgrafiek.
•Grafiek - Aankope per week - Koste - Vertoon die die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op u aankope per week in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs geposteerde aankope in. Ongeposteerde aankope is NIE in die grafiek ingesluit nie. |
Om 'n Grafiek vir u aankope te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankope → Aankoopdokumente → Grafiek.
2.Die "Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. U kan ook die "Grafiek - Aankope per week - Koste" kies.

3.Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
1.Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op aankope per week.
2.Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
3.Totale - Aankope - Die totale aantal eenhede van die aankope vir die geselekteerde periode.
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope per week - Koste", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
1.Vertikale as - Die totale bedrag van die aankope per week.
2.Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
3.Totale - Aankope - Die totale bedrag van die aankope vir die geselekteerde periode.
