Skep BTW-Kodes
U Stel Boeke in TurboCASH moet gekonfigureer wees om die verskillende BTW-koerse te hanteer.
By verstek, word alle “Aktiewe” BTW-kodes, in die BTW-opsoek lyste wat in die BTW-kolomme van joernale en dokumente gelys.
Die BTW-koers van 14% is op belasbare transaksies tot en met 31 Maart 2018 van toepassing.
Die BTW-koers van 15% is op belasbare transaksie vanaf 1 April 2018 van toepassing.
Om nuwe BTW-kodes (BTW-rekeninge) teen 15% te skep
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.

2.Kies die “G860000” BTW - Kontrolerekening – 15%” en kliek op die
Byvoeg:Rekening ikoon (of kies die
Byvoeg opsie op die konteks-kieslys). Die nuwe grootboekrekening word as “G860 000 – Rekening naam” op die lys van rekeninge vertoon.
3.Kies die volgende opsies en sleutel die naam van die rekening in:
a)Rekeningtipe - Kies “BTW”.
b)Rekeningnr. - Die hoofrekening se nommer, “860” is onaktief. Die “Subrekening” veld sal “000” vertoon. Sleutel “010” in.
c)Beskrywing - Verander “Rekening naam” met “Uitset BTW - 15%”.
d)Rekeninggroep 1 - Kies “Bedryfslaste”.
e)Rekeninggroep 2 - Kies “Bedryfslaste2”.
f)Tipe - “Balansstaat” behoort vertoon te wees.
g)Sub-rekeninge - Hierdie opsie kan nie gekies word nie. Die Uitset BTW -15% is 'n sub-rekening van die BTW-Kontrolerekening -15% hoofrekening.
h)Status -“Aktief” (verstek) behoort vertoon te wees.
i)Openitem rekening - “Nee” (verstek) behoort vertoon te wees.
j)Koppel BTW - “Leeg” (verstek) behoort vertoon te wees.
4.Kliek op die BTW-duimgids.
a)Persentasie - Sleutel “15” in.
b)Gebruik koppel BTW – Moet nie hierdie opsie kies nie.
c)Vertoon BTW in dokumente – Laat hierdie opsie op “Alles”.
5.Kliek Stoor.
6.Skep BTW-kodes teen 15% vir alle ander BTW-kodes, soortgelyk aan die 14% BTW-kodes, insluitende die Nul-koers BTW-kode.
'n Voorbeeld van die BTW-rekeninge – 14%, sowel as die BTW-rekeninge teen 15% wat in die “Tabel van rekeninge” in hierdie handleiding gebruik word, is soos volg:

|
|
Die Grootboek |
