Skep 'n BTW-kontrole en BTW-Betalings rekening
Hierdie opsie is slegs nodig om 'n nuwe struktuur vir die BTW-rekeninge en BTW-kodes teen 15% te skep om die belasbare transaksies teen 15% wat vanaf 1 April 2018 te akkommodeer.
Skep 'n nuwe BTW – Kontrolerekening vir 15% as Algemene grootboek rekeningtipe
Die BTW – Kontrolerekening – 15% is 'n hoofrekening (Grootboek rekeningtipe) waaronder die BTW-Betalings – 15% as 'n sub-rekening geskep moet word. Elk van die 15% BTW-rekeninge (BTW-kodes), vir Uitset BTW sowel as Inset-BTW asook Nulkoers BTW moet as sub-rekeninge in die struktuur gevoeg word.
Alle belasbare BTW-transaksies vanaf 1 April 2018 van toepassing is, moet teen hierdie BTW-kodes toegewys word.
Om 'n nuwe BTW – Kontrolerekening vir 15% as Algemene grootboek rekeningtipe te skep:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies die ”VERSLAGGROEP OORSPRONG” en kliek die
Byvoeg:Rekening ikoon (of kies die
Byvoeg opsie op die konteks-kieslys). Die nuwe grootboekrekening word as “G000 000 – Rekening naam” op die lys van rekeninge vertoon.

3.Kies die volgende opsies en sleutel die naam van die rekening in:
a)Rekeningtipe - Kies “Grootboek”.
b)Rekeningnr. - Sleutel “860” in the hoofrekening veld in. Die “Subrekening” veld sal “000” vertoon en is onaktief.
c)Beskrywing - Verander “Rekening naam” met “BTW-Kontrolerekening - 15%”.
d)Rekeninggroep 1 - Kies “Bedryfslaste”.
e)Rekeninggroep 2 - Kies “Bedryfslaste2”.
f)Tipe - “Balansstaat” behoort vertoon te wees.
g)Sub-rekeninge - Kies hierdie opsie. Dit is die BTW-hoofrekening - 15% waaronder die BTW-Betalings, sowel as die Uitset BTW – 15% en Inset BTW- 15% kodes geskep moet word.
h)Status -“Aktief” (verstek) behoort vertoon te wees.
i)Openitem rekening - “Nee” (verstek) behoort vertoon te wees.
j)Koppel BTW - “Leeg” (verstek) behoort vertoon te wees.
4.Kliek Stoor. Sodra dié “BTW – Kontrolerekening – 15%” gestoor is sal dit outomaties na die 14% BTW-rekeninge gelys word.
Skep 'n nuwe BTW-Betalingsrekening - 15% as a Grootboek Sub-rekening
Die BTW – Betalings – 15% is 'n Grootboek rekeningtipe waarteen die betalings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SARS”) teboek gestel word. Alle betalings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SARS”) vir transaksies waarop die 15% BTW-koers vanaf 1 April 2018, moet teen hierdie rekening toegewys word.
Alle betalings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SARS”) vir transaksies waarop die 14% BTW-koers voor of op 31 Maart 2018 van toepassing is, moet teen hierdie rekening toegewys word.
Om 'n nuwe BTW – Betalingsrekening vir 15% as Algemene grootboek rekeningtipe sub-rekening te skep:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies die “G860000” BTW - Kontrolerekening – 15%” en kliek op die
Byvoeg:Rekening ikoon (of kies die
Byvoeg opsie op die konteks-kieslys). Die nuwe grootboekrekening word as “G860 000 – Rekening naam” op die lys van rekeninge vertoon.

3.Kies die volgende opsies en sleutel die naam van die rekening in:
a)Rekeningtipe - Kies “Grootboek”.
b)Rekeningnr. - Die hoofrekening se nommer, “860” is onaktief. Die “Subrekening” veld sal “000” vertoon. Sleutel “100” in.
c)Beskrywing - Verander “Rekening naam” met “BTW-Betalings - 15%”.
d)Rekeninggroep 1 - Kies “Bedryfslaste”.
e)Rekeninggroep 2 - Kies “Bedryfslaste2”.
f)Tipe - “Balansstaat” behoort vertoon te wees.
g)Sub-rekeninge - Hierdie opsie kan nie gekies word nie. Die BTW-Betalings -15% is 'n sub-rekening van die BTW-Kontrolerekening -15% hoofrekening.
h)Status -“Aktief” (verstek) behoort vertoon te wees.
i)Openitem rekening - “Nee” (verstek) behoort vertoon te wees.
j)Koppel BTW - “Leeg” (verstek) behoort vertoon te wees.
4.Kliek Stoor.