Redigeer BTW-rekeninge
Wysig die bestaande beskrywings vir alle BTW-rekeninge d.i. BTW-kontrole- en BTW-Betalings grootboek rekeningtipes asook die Uitset BTW-, Inset BTW Standaardkoers en Inset BTW Kapitalgoedere) om – 14% te vertoon. Dit sal die bestaande rekeninge met 'n 14% BTW-koers tot en met 31 Maart 2018 vertoon. Dit sal makliker wees om die korrekte BTW-rekeninge te kies, wanneer u transaksies prosesseer en verslae druk.
Om die beskrywings van BTW-rekeninge na 14% te wysig:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies 'n BTW-rekening.

3.In die “Beskrywing” veld, sleutel “- 14%” na die bestaande beskrywing in.
4.Kliek Stoor. Herhaal die proses vir die ander BTW-rekeninge. Nadat alle rekeninge se beskrywings gewysig is, behoort die 14% rekeninge soos volg te vertoon:
