Wysiging van BTW-koerse

Parent Previous Next

Die belastingowerhede kan van tyd tot tyd die BTW-koerse wysig. Byvoorbeeld, in Suid-Afrika, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“South African Revenue Services (SARS)”), die BTW-koers van 14% tot 15% op 1 April 2018 verhoog.

In TurboCASH, moet die BTW-rekeninge twee BTW-koerse akkommodeer.  

BTW-koers verhoging

In hierdie voorbeeld, is die BTW-koers van 14% vir belasbare transaksies tot en met 31 Maart 2018 en die belasbare transaksies vanaf 1 April 2018 teen 'n BTW-koers van 15% van toepassing.

Dit illustreer hoe om TurboCASH5 te konfigureer en om transaksies te bestuur en te prosesseer asook hoe om beide BTW-koerse in TurboCASH te akkommodeer.

In sekere gevalle, kan 14% en 15% op 'n faktuur van toepassing wees. Dit sal afhang of die goedere verskaf of dienste gelewer voor of op 31 Maart 2018 of vanaf 1 April 2018 is.  

'n Voorbeeld van so 'n faktuur is waar 'n diensverskaffer subskripsies vooruit in April 2018 teen 15% hef, maar die verbruik (byvoorbeeld oproepe) agterstallig in Maart 2018 teen 14% hef.

Gedurende dié oorgangsperiode, mag u dit moontlik vind om beide BTW-koerse, d.i. 14% of 15%, afhangende of die transaksies voor of op 31 Maart 2018 teen 14%; of vanaf 1 April 2018 teen 15% belasbaar is.

By verstek, is alle rekeninge as “Aktief” gestel. Alle BTW-kodes word in die BTW-opsoek in die BTW-kolomme gelys. Sodra die oorgangsperiode, wanneer alle transaksies, teen die 14% BTW-koers, tot en met 31 Maart 2018 na die grootboek geposteer (opgedateer) is, kan u dié 14% BTW-rekeninge  (Rekeninge op die Aksie-duimgids) onaktief stel. Dié onaktiewe 14% BTW-rekeninge sal dan nie in die BTW-opsoek gelys word nie.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create EBooks