Skrap rekeninge
U kan enige grootboekrekening skrap, indien die rekening geen balanse en / of transaksies bevat nie.
Indien die rekening nie geskrap kan word nie, kan u die rekening onaktief stel. Dit sal voorkom dat enige transaksies in joernale en dokumente teen die rekening na die grootboek opgedateer (geposteer) word.
|
|
Die •Rekeninge waarteen enige transaksies geposteer is. Die “Geposteer” veld sal, 'n waarde van meer as 0 vertoon. •Die •Hoewel die |
Om 'n grootboekrekening te skrap:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies die rekening en kliek op die
Skrap ikoon. 'n Bevestigings-boodskap "Wil u skrap?" sal vertoon word.
3.Maak absoluut seker dat die korrekte rekening gekies is.
4.Indien u absoluut seker is, kliek Ja.
|
|
Skrap Hoofrekeninge: Indien 'n rekening sub-rekeninge het, moet die sub-rekeninge eers geskep word, alvorens die hoofrekening geskrap kan word. |
|
|
Skrap Bankrekeninge: Indien ' Bankrekening geskrap is, mpet u ook die Ontvangste- en Betalingsjoernale (wat aan die geskrapte Bankrekening gekoppel was, skrap. Om dit te doen, kies Joernaaltipes op die Opstel-duimgids). |
Indien 'n grootboekrekening balanse en / of transaksies bevat, kan die rekening nie geskrap word nie. Indien die rekening nie geskrap kan word nie, kan u die rekening onaktief stel. Dit sal voorkom dat enige transaksies in joernale en dokumente teen die rekening die grootboek opgedateer (geposteer) word.
Om 'n grootboekrekening onaktief te stel:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Rekeninge.
2.Kies die rekening
3.Kies Onaktief in die "Status" veld.
4.Kliek Stoor. Dit sal voorkom dat enige transaksies in joernale en dokumente teen die rekening die grootboek opgedateer (geposteer) word.
