Verkoopsontleding - Fakture (Verslae-kieslys)
Die volgende vyf (5) verslae is beskikbaar om u fakture volgens verslaggroepe te druk, te analiseer en te ontleed:
1.Fakture per periode - Debiteurgroep 1 - Druk die fakture volgens debiteurgroep 1 waaraan die debiteure (kliënte / klante) gekoppel is.
2.Fakture per periode - Debiteurgroep 2 - Druk die fakture volgens debiteurgroep 2 waaraan die debiteure (kliënte / klante) gekoppel is.
3.Fakture per periode - Dokumentgroep 1 - Druk die fakture volgens dokumentgoep 1 waaraan die fakture gekoppel is.
4.Fakture per periode - Dokumentgroep 2 - Druk die fakture volgens dokumentgoep 2 waaraan die fakture gekoppel is.
5.Fakture per periode - Verkoopspersoon - Druk die fakture volgens die verkoopspersoon wat die fakture geprosesseer het.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs geposteerde fakture in. Ongeposteerde fakture is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om fakture per verslaggroep te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkoopsontleding → Fakture per periode.
2.Die "Fakture per periode - Debiteurgroep 1" is die verstek verslag. U kan enige van die ander vier (4) verslaggroepe kies (d.i. "Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2" of "Verkoopspersoon").

3.Kies die volgende:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".
c)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Fakture per periode - Debiteurgroep 1" verslag, is soos volg:
Bladsy 1 - (Eerste verslaggroep)

Elke verslaggroep sal op 'n nuwe bladsy gedruk word.
Bladsy 2 - (Tweede verslaggroep)

