Verkoopsontleding (Verslae-kieslys)
Verskeie verslae is op die Verslae-duimgids Verslae → Verkoopsontleding beskikbaar om elk van die verkoopsdokumente (d.i. fakture, kwotasies en
kredietnotas) te druk.
Verslaggroepe (d.i. Debiteurgroep 1, Debiteurgroep 2, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2 en Verkoopspersoon) kan vir die volgende verslae gedruk word:
1.Kwotasies per periode – Dié verslae sal slegs die bevestigde (geposteerde) kwotasies vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.
2.Kredietnotas per periode – Dié verslae sal slegs die geposteerde kredietnotas vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.
3.Fakture per periode – Dié verslae sal slegs die geposteerde fakture vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.
4.Verkope per produk - Voorraadgroep 1 en Voorraadgroep 2 word gebruik om die fakture en kredietnotas van handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem) te ontleed.
5.Verkope per periode – Dié verslae sal beide die geposteerde fakture en kredietnotas vir 'n geselekteerde periode of datum(s) vertoon.