Opstel dokumente - Verskafferretoere

Parent Previous Next

Om Verskafferretoere te stel:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Opstel dokumente.

2.Kies die Aankope-duimgids.

3.Kies en / of sleutel die volgende opsies in:

a)Volg. versafferretoere nr. - Die verskafferretoere is reeds as VR000001 vir u opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as SR000001 (vir "Supplier returns") opgestel.  Dit word aanbeveel dat die verskafferretoere se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente en joernale te onderskei, (byvoorbeeld, VR000001) en die dokumenttipe te identifiseer.  

b)Verskafferretoere Jnl. - Kies die verskafferretoere joernaal. verskafferretoere en transaksies in die verskafferretoere joernaal (Joernale op die Aksie-duimgids), sal in die verskafferretoere joernaal geprosesseer word.

c)Uitleglêer - Die uitleglêer wat u hier kies, sal op alle verskafferretoere in die Stel Boeke druk. Sien die uitleglêers vir aankoopdokumente wat beskikbaar is om u met u keuse te help.

U kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke krediteur (verskaffer) stel. Dit kan u op die Afleweringsadres-duimgids Krediteure (Aksie-duimgids) stel.

d)Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien u 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die verskafferretoere wil druk, kan u ook 'n ander uitleglêer kies.

e)Verskafferretoere opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie, Maar, dit word aanbeveel dat Verskafferretoer gebruik word.

f)Verskafferretoereboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle verskafferretoere gedruk moet word.

4.Kliek op die ander Dokumente om dit ook op te stel.

5.Sodra u klaar is, kliek Goed.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free Web Help generator