Konteks-kieslys - Ander opsies - Totale
Om details vir dokumente te vertoon:
1.Kies die tipe dokument (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)).
2.Kies die dokumente.
|
|
Om meer as een dokument te kies, druk die Ctrl sleutel en kliek op die dokumente wat u wil kies. |
3.Regs-kliek en kies Dokumente → Ander opsies → Totale opsie op die konteks-kieslys.

Dit sal die totaal inklusief van BTW, eksklusief van BTW asook die aantal rekords (dokumente) wat gekies is, vertoon.
