Konteks-kieslys - Ander opsies - Wys detail
Indien u die opsie kies, sal die rekening beskrywing, dokument-nommer, voorraaditem, hoeveelhede, bedrag asook enige opmerkings vertoon word wanneer die muis-wyser oor 'n reël beweeg word. Om die funksie te de-aktiveer, kan u “Versteek” kies.
Om details vir dokumente te vertoon:
1.Regs-kliek en kies Dokumente → Ander opsies → Wys detail opsie op die konteks-kieslys.

Die besonderhede van dokument wat vertoon sal word, is soos volg:
Naam van die debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer), item beskrywing, aantal items en verkoopspryse / aankooppryse (BTW ingesluit). Indien opmerkings op die dokument ingesleutel is, sal dit ook vertoon word.
|
|
Indien addisionele opmerkings op die dokument met die + vir die item ingesleutel is, sal dit nie vertoon word nie. 'n Voorbeeld hiervan is;
|
Die besonderhede sal vertoon word totdat die Aktiewe vorms toegemaak word, of die Stel Boeke toegemaak word.
Om details vir dokumente te versteek:
1.Regs-kliek en kies Dokumente → Ander opsies → Versteek opsie op die konteks-kieslys.

