Dokumentinvoer skerm - Konteks-kieslys
In die dokumentinvoer skerm kan u in die reëls of rye gedeelte van die skerm, regs-kliek. Die konteks-kieslys, bied die volgende opsies:
1.Skuif op, Skuif af en "Sort on stock code" ("Sorteer volgens itemkode") - Dit sal die volgorde waarin die items en opmerkings vertoon, volgens u behoeftes orden. Hierdie sorteer opsies is beskikbaar in geposteerde, sowel as ongeposteerde dokumente. Die aangepaste volgordes sal op dokument uitleglêers druk.

2.Sleutel totaal in - U kan 'n nuwe totaal insleutel. Byvoorbeeld, indien u die Faktuurtotaal van 2 875,00 na 2 850,00 wil aanpas (afrond) kan u die bedrag insleutel.

Dit sal die bedrae en BTW per item pro-rata aanpas.
