Die "Balanse" ouderdomsontleding verslag, is soortgelyk aan die "Balanse detail" verslag. Die Balanse verslag sal geen detail of transaksies druk nie, maar slegs die totale vir elke debiteur (kliënt / klant) vir die gespesifiseerde ontledings datums en periodes.

Om 'n Ouderdomsontleding verslag - Balanse vir debiteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Ouderdomsontleding. Die Balanse detail verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Balanse".

3.Selekteer die volgende opsies: 

a)Datum van ontleding - Kies die datum; of sleutel die datum in.

b)Dae uitstaande - Sleutel die aantal dae vir periode 1 in (byvoorbeeld "30").

c)Aantal dae agterstallig - Sleutel die aantal dae vir periode 2 in (byvoorbeeld "30").

d)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e). 

e)Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".

3.Kliek Goed

'n Voorbeeld van die "Debiteur ouderdomsontleding - Balanse" verslag, is soos volg: