Debiteure - Ouderdomsontleding - Balanse detailgeskiedenis (oopitem) (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

U kan die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge op 'n gereëlde basis ontleed. Dit sal u in staat stel om te sien watter debiteure (kliënte / klante) se rekeninge betyds betaal is of agterstallig is. U kan op die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge wat agterstallig is fokus en debiteure (kliënte / klante) aanmaan om hul agterstallige rekeninge te betaal.

Die ouderdomsontleding verslae sal die balanse en transaksies vir gespesifiseerde periodes of tydperke verdeel waarvolgens die balanse en transaksies ontleed kan word.


Die verslag is basies soortgelyk as die “Balanse detail” verslag. Alle uitstaande debiet- en krediettransaksies word gelys. Die uitstaande bedrae wat ook ten volle opbetaald is, sal ook gelys word as ‘n nul (“0,00”) bedrag in die uitstaande kolom.


Om 'n Ouderdomsontleding verslag - Balanse detail geskiedenis (oopitem)  vir debiteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Ouderdomsontleding. Die Balanse detail verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Balanse detailgeskiedenis (oopitem)".

3.Selekteer die volgende opsies:

a)Datum van ontleding - Kies die datum; of sleutel die datum in.

b)Dae uitstaande - Sleutel die aantal dae vir periode 1 in (byvoorbeeld "30").

c)Aantal dae agterstallig - Sleutel die aantal dae vir periode 2 in (byvoorbeeld "30").

d)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e).

e)Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".

f)Wys transaksies - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die balanse vertoon word. Indien dié opsie gekies is, sal die transaksies gedruk word.  

g)Vertoon kontakbesonderhede - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die transaksies vertoon word. Om die kontakbesonderhede van elke debiteur (kliënt / klant) se rekening te druk, merk hierdie opsie.

h)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. Indien u die "Vertoon kontakbesonderhede" opsie gekies het, is dit raadsaam om die hierdie opsie ook te kies.  

3.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Debiteur ouderdomsontleding - Balanse detailgeskiedenis (oopitem)" ("Wys transaksies" opsie nie gekies nie) verslag, is soos volg:

Bladsy 1 -

Bladsy 2 -

'n Voorbeeld van die "Debiteur ouderdomsontleding - Balanse detailgeskiedenis (oopitem)" ("Wys transaksies" en "Vertoon kontakbesonderhede" opsies gekies) verslag, is soos volg:

Kontak : Die naam van die kontakpersoon sal slegs vertoon word, indien die kontak in die Kontakpersoon-veld van die debiteur se rekening gekoppel (gekies) is.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce online help for Qt applications