Die debiteure ouderdomsontleding verslae kan u op 'n gereëlde basis in gespesifiseerde periodes byvoorbeeld, 30, 60, 90 dae, ens.  evalueer en ontleed. U kan die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge op 'n gereëlde basis ontleed. Dit sal u in staat stel om te sien watter debiteure (kliënte / klante) se rekeninge betyds betaal is of agterstallig is. U kan op die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge wat agterstallig is fokus en debiteure (kliënte / klante) aanmaan om hul agterstallige rekeninge te betaal. 


Die ouderdomsontleding verslae sal die balanse en transaksies vir gespesifiseerde periodes of tydperke verdeel waarvolgens die balanse en transaksies ontleed kan word.