Debiteure - Grafieke (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Vertoon die totale van fakture en debiettransaksies, kredietnotas en krediettransaksies per week in 'n staafgrafiek. Dit vertoon ook die totale van dié transaksies asook die uitstaande bedrag vir die geselekteerde periodes.

Om 'n grafiek - Debiteure per week te druk

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Grafiek:

2.Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

3.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die gedrukte "Grafiek - Debiteure per week", is soos volg:

Die totale behoort met die Debiteure kontrolerekening se totale ooreen te stem, indien die periodes dieselfde is, en die openingsbalanse nie ingesluit is nie.

Die besonderhede is soos volg:

1.Vertikale as -

a)Positiewe bedrae - Fakture,  en ander debiettransaksies in joernale per week.

b)Negatiewe bedrae - Kredietnotas betalings ontvang en krediettransaksies in joernale per week.    

2.Horisontale as - Die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).

3.Totale

a)Fakture/Debiettransaksies - Die totale waarde van Aankope en debiettransaksies in joernale vir die geselekteerde periode.

b)Ontvangstes/Kredietnotas/Krediettransaksies - Die totale waarde van Kredietnotas dokumente, betalings ontvang en krediettransaksies vir die geselekteerde periode.

c)Uitstaande - Die bedrag uitstaande is die verskil tussen die debiet- krediettransaksies. In die geval van Debiteure, behoort dit 'n debiet bedrag te wees.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free help authoring tool